"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

TENNIS

Atletiek     Gholf     Hokkie      Krieket     Muurbal    Netbal     Rugby   Tennis

ORGANISEERDER

Mej. Nolinda Potgieter

Mej. Nolinda Potgieter

 

Tennisuitslae vir Tjaart Vorster (21 Februarie-25 Februarie)

BY M Snetler

Tennisuitslae vir Tjaart Vorster (21 Februarie-25 Februarie)
Die top 7 seuns en -dogters het die afgelope naweek na Cradock vir die Tjaart Vorster
Tennistoernooi gereis. Beide spanne het hulle bes gegee t.s.v. die hitte.
Die seuns se uitslae is as volg:
Verloor teen Oakdale (hulle was die wenners van die toernooi)
Wen teen Marlow B
Wen teen Volkskool
Verloor teen Marlow A
Verloor teen Sentraal
Die seuns eindig 6de uit 15 skole
Die meisies se uitslae is as volg:
Verloor teen Stirling
Verloor teen Oranje A
Verloor teen Outeniqua
Verloor teen Oranje B
Meisies eindig 10de
Ons is baie trots op Chrisstian Viljoen. Hy is die enigste seuns speler wat al sy enkelswedstryde
gewen het. Dit is regtig ‘n besondere prestasie.
Hy is dan ook genomineer deur die ander skole se afrigters vir die Tjaart Vorster-toekenning.

read more...
 March 01, 2024
Comments (0)
Tennis
M Snetler

TENNISUITSLAE

BY M Snetler

Tennisuitslae vir 13 Februarie
1ste meisies verloor 3-1 teen Nico Malan
2de meisies 2-2 teen Riebeek
3de meisies 2-2 teen Westview


Tennisuitslae vir 15 Februarie
1 ste seuns wen 3-1 teen Despatch
2de seuns verloor 4-0 teen Pearson
3de seuns wen 3-1 teen DF
4de seuns verloor 3-0 teen DP
5de seuns verloor 4-0 teen Alex

read more...
 February 23, 2024
Comments (0)
Tennis
M Snetler

FRAMESBY KRAAI KONING!

BY M Snetler

FRAMESBY KRAAI KONING!
Die top 5 seuns en dogterstennisspan het die afgelope naweek na Middelburg gereis om aan die Wasserman-Tennistoernooi deel te neem. Dit was ‘n besonderse goeie naweek vir ons spelers.
Framesby wen Middelburg 34-30
Framesby wen Brandwag 42-22
Framesby wen Volkskool 37-27
Framesby wen De Aar 39-25
Framesby wen Burgersdorp 34-30
Framesby wen dus die toernooi.
Geluk aan elke speler wat bygedra het tot hierdie oorwinning.
Twee van ons spelers ontvang ook individuele toekennings.
Chrisstian Viljoen kry die toekenning vir speler van die toernooi. Eben Peens ontvang die toekenning vir “Just do it”. Die toekenning is vir ‘n speler wat aanhou tot op die einde van die wedstryd.

read more...
 September 06, 2023
Comments (0)
Tennis
M Snetler

Tennisuitslae

BY N POTGIETER

Tennisuitslae van verlede week:
2de meisies wen Collegiate 4-0
3de seuns wen Pearson 3-1
4de seuns speel gelykop teen Bergsig
5de seuns wen Westview 3-1


21ste Tjaart Vorster-tennistoernooi:
Op 15 Februarie vertrek ons na Cradock vir die 21ste Tjaart Vorster-tennistoernooi. Ons meisies het bietjie swaar gekry, maar die laaste dag het hulle met alles in hulle teruggeveg en net-net teen Hoërskool Sentraal van Bloemfontein verloor.
Die seuns het hulle baie goed van hulle taak gekwyt.
Dag 1 wen ons teen Curro Durbanville en Hoërskool Cradock.
Dag 2 was ‘n moeiliker dag en ons verloor teen Pearson en Outeniqua. Emil Viljoen het n goeie terugvegpoging gehad
waar hy in ‘n “supertie breaker” 9-5 agter was en op die ou end 13-11 gewen het.
Dag 3 was ons laaste rondte voor uitspeel wedstryde teen Hoërskool Sentraal. Ons het met 1 punt verloor. Ons 1ste span moes dus uitspeel vir 7 en 8ste plek. Ons wen Stirling van Oos-Londen en eindig dus 7de.
Emil Viljoen en Eben Peens verloor slegs een enkel wedstryd die hele toernooi. Chrisstian Viljoen wen al sy enkel wedstryde en ontvang ‘n prys vir die prestasie. Baie geluk!

read more...
 February 24, 2023
Comments (0)
Tennis
N POTGIETER

tennus nuus

BY M Snetler

Chrisstian Viljoen het die afgelope naweek aan die EC Nelson Mandela Bay ProKennex tennistoernooi deelgeneem. Hy wen die afdeling vir seuns 0/16. Baie geluk Chrisstian. Ons is trots op jou.


Keaton Holm het aan die George TSA toernooi (0/16) deegeneem en ‘n 6de plek behaal. Tydens Saterdag se TSA in Port-Elizabeth (mans ope) het hy ’n 9de plek behaal. Keaton neem September weer in ‘n TSA toernooi (mans ope) deel.


Drie van ons tennisspelers is genooi om aan 'n High-Performance kliniek deel te neem. Die kliniek onder leiding van André de Beer,
word vanaf 17-18 September 2021 gehou.

Hulle is: Leila Nel (meisies o/16), Keaton Holm (seuns 0/16) en Chrisstian Viljoen
(seuns 0/14). Baie geluk aan hierdie spelers wat Framesby se naam hoog hou.

read more...
 August 27, 2021
Comments (0)
Tennis
M Snetler

tennis nuus

BY M Snetler

TENNIS:
Emil en Chrisstian Viljoen is uitgenooi om deel te neem aan ‘n tennis oefenkamp te Potchefstroom vanaf 4 tot 10 Julie. Die oefenkamp word deur die Riaan Venter Tennis-akademie aangebied. Sterkte aan hierdie twee spelers.


Die afgelope naweek het Chrisstian Viljoen aan die EC Nelson Mandela Bay ProKennex Mini 3 toernooi deelgeneem. Hy wen die afdeling vir seuns 0/16. Baie geluk Chrisstian.
Ons is trots op jou.

read more...
 July 02, 2021
Comments (0)
Tennis
M Snetler

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...