"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

HANDHAAF EN BOU TOEKENNING

Die hoogste eerbewys wat die Hoërskool Framesby aan ‘n oud-leerder of oudonderwyser kan verleen.

Met die 50-jarige feesvieringe van 2016 is daar besluit om op tasbare wyse erkenning te verleen aan oud-leerders wat ná skool besonder presteer het, of wat binne hul beroepsveld uitgestyg het. Hierdie erkenning word gedoen in die vorm van die Handhaaf en Bou-toekenning. Hierdie toekenning is die hoogste eerbewys wat die Hoërskool Framesby aan ‘n oud-leerder of oudonderwyser kan verleen.


Tot dusver is toekennings aan verskeie sportmanne en –vroue gemaak wat almal Suid-Afrika verteenwoordig het. Hulle is Johnny Koen, Sandra Pienaar, Heidi Seyerling, Maryke Doubell en Elandré van der Berg. Die toekenning is ook gemaak aan Amanda Strydom en Juanita Lamprecht Van Dyk vir hul besondere bydrae tot die uitvoerende kunste.


Die kriteria vir die toekenning van die Handhaaf en Bou-toekenning is:

  • Die ontvanger moes aan die Hoërskool Framesby gematrikuleer het of op die onderwyspersoneel gedien het.
    Die ontvanger moet binne sy of haar spesialiteitsgebied ‘n toonbeeld van uitnemendheid wees en op die hoogste vlak presteer of presteer
    het
  • Die ontvanger moet algemeen erken word as ‘n toonaangewende leier binne sy of haar spesialiteitsveld
  • Die ontvanger moet onomwonde kan dien as ‘n rolmodel vir die huidige geslag Framesby-leerders

Nominasies moet aan me. Martlie Jordaan gerig word by mjordaan@framesby.co.za. Alle nominasies moet me. Jordaan voor of op 31
Julie bereik.

2018 handhaaf en bou TOEKENNING ONTVANGER

Mona Pretorius

Mona ontvang die toekenning vir die besondere wyse waarop sy, deur middel van haar prestasies in gewigoptel, die skool se naam uitgebou het.

 

Mona het onder andere al oor die 60 SA rekords gebreek en verteenwoordig SA by die Olimpiese Spele in 2020!  Haar mees onlangse prestasies sluit in:

  • Goue medalje by die 2018 Afrika Kampioenskappe
  • Brons medalje by die 2018 Common Wealth Games
  • USA National Referee (2018)
  • Goue medalje by die 2017 "Texas State Weight Lifting Championships"

Baie geluk aan Mona, Framesby is baie trots op jou prestasies!

Mona Pretorius

Mona-pretorius-6605

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...