"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

SKOOLREËLS

Net so min as ’n huisgesin sonder basiese gesinsreëls kan funksioneer, kan ’n skool ordelik voortgaan sonder voorskrifte aan die ouers en leerlinge. By toelating onderwerp leerlinge hulle aan die nakoming van die gedragskode en huishoudelike reëls. Hierdie reëls word omskryf in die Framesby Jaar-beplanner wat jaarliks deur alle leerlinge aangekoop moet word.
 
Ouers word versoek om hulle samewerking ten opsigte van die volgende belangrike reëls te verleen:
 
1. Skoolbywoning is verpligtend en dit is die ouers se verantwoordelikheid om toe te sien dat hulle kinders gereeld die skool bywoon.
 
2. In geval van afwesigheid moet die ouer in die toegelate ruimte van u kind se Framesby Jaarbeplanner die rede en datum van afwesigheid verstrek en dit onderteken.
 
3. Mediese en ander afsprake vir u kinders mag nie gedurende skoolure gemaak word nie.
 
4. Ingeval u kind medies ongeskik is om deel te neem aan Liggaamlike Opvoeding en sport, moet u ’n mediese sertifikaat by die skool indien. Ons verwag dat leerlinge aan minstens een buitemuurse aktiwiteit (sport en/of kultuur) die hele jaar sal deelneem.
 
5. Ouers moet toesien dat hul kinders elke dag netjies en korrek geklee na die skool en skoolaktiwiteite kom en dat alle kledingstukke behoorlik gemerk is.
 
6. Leerlinge se optrede in die openbaar moet van so ’n aard wees dat dit altyd die goeie naam van die skool sal bevorder.
 
7. Geen boodskappe, behalwe in noodgevalle, sal gedurende skoolure aan leer-linge oorgedra word nie.
 
LET WEL: Hierdie is slegs ’n opsomming van ons basiese reëls!

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...