"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

Klub 1000/100

Untitled-1

Sluit aan by Framesby se Klub 1000/100 en word deel van ‘n skool van uitnemendheid. Na vele navrae van ons alumni is die konsep van dié Klub gebore. Klub 1000/100 gee almal die kans om steeds betrokke te wees by die skool en die blink toekoms daarvan te verseker. Dit maak nie saak of jy nog in Suid-Afrika of oorkant die waters bevind nie. Jy kan ‘n bydrae maak!


’n Maandelikse bydrae van R100 kan in die Framesby Opvoedkundige trust gedeponeer word. Hierdie trust word aangewend vir die welstand en vooruitgang van die skool. Die fondse sal deur die Trust bestuur word. Die aanwending van die befondsing sal bepaal word deur die skool en die Trust se komitee. Daar sal elke jaar ‘n finansiële verslag deurgegee en geoudit word. Die proses is dus deursugtig en lede kan sien hoe hul skenkings aangewend word.


PROSES OM BY DIE KLUB 1000/100 BETROKKE TE RAAK
1) Laai aansoekvorm van Hoërskool Framesby se webtuiste af.
2) E-pos voltooide vorm na fos@framesby.co.za
3) U naam sal weekliks in die Fakkel-Flitse onder Klub 1000/100 lede verskyn.
4) Hou ons groeiende barometer dop. Dit sal op die voorblad van die Fakkel-Flitse verskyn.


Dankie aan oudleerders, ouers, onderwysers en passievolle ondersteuners vir u bydrae.

Klub 1000/100

sLUIT AAN BY DIE KLUB 1000/100

DEBIET-VORM

LAAI HIER AF

 

E-pos voltooide vorm na: fos@framesby.co.za

HOËRSKOOL FRAMESBY STEL TRUSTBEAMPTE AAN

Ons is baie opgewonde om vir mevrou Yolandi Fourie aan u voor te stel. Mev. Fourie is aangestel as ons nuwe Trustbeampte in ‘n nuwe pos.
Framesby het besluit dit is tyd om ’n nuwe pos te skep en iemand aan te stel wat alle oudskoliere navrae, reünies, samekomste en trust fondsinsamelings sal hanteer. Yolandi is die skakelpersoon vir oudskoliere en u kan haar gerus met enige navrae en voorstelle kontak. Sy sal ook in beheer van ons databasis wees en haar mikpunt is om dit nog meer uit te brei sodat ons in kontak met al ons oudskoliere kan wees en hul op hoogte kan hou van alle gebeurtenisse aangaande Framesby.


Kontak haar gerus op 083 438 3636 of per e-pos by fos@framesby.co.za.

4193155679624743920209027059947096095217425n

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...