Welkom terug aan al ons leerders!
En ‘n spesiale welkom aan al ons nuwe leerlinge!
SKOOLHOOF
Mnr Germishuys

Oor die afgelope 25 jaar het Mnr. Germishuys in verskeie rolle by verskillende skole opgetree. Hy het 1994 by Hoërskool De Vos Malan as onderwyser begin en is in later jare bevorder tot departementshoof en adjunkhoof. Sy kwalifikasies sluit in : HOD (Handel) KT4, B.Tech (Handel) en VDO (Rekenaarstudie).
Mnr. Germishuys is met Annel getroud en het een dogter, Marné. Hy is ‘n gesinsmens en bring graag tyd, waar moontlik, met sy familie deur. Mnr. Germishuys glo dat die omgewing waarin leerders opgevoed word ‘n kardinale rol speel in hul ontwikkeling en dat hierdie omgewing dissipline, kennis en integriteit as hoekstene moet hê.
HOëRSKOOL FRAMESBY – NUWE ALLESOMVATTENDE TUISTE!
Dié hartklop van Hoërskool Framesby! Die nuwe studentesentrum word die kuier- en studieplek vir leerders.

Die groot gewerskaf begin Januarie 2021. Argitekte, Mark Bradshaw en Shaun Ward van Bradshaw Architects, werk nou saam met verskeie rolspelers om te sorg dat die projek teen Junie 2021 voltooi is. Die studente-sentrum sluit aan by die rééds voltooide Astro-hokkiebaan en die opgeknapte netbalbane. Die kafeteria sal ná die sportaktiwiteite ‘n heerlike lafenis vir moeë en seer lywe wees.
Die studentesentrum bestaan uit drie fasiliteite, nl. ‘n kafeteria, studie – en media-sentrum. Die kafeteria sal nie net aan die leerders vanaf 06:00 – 18:00 ‘n diens bied nie, maar ook aan ouers. Terwyl leerders besig is met hul naskoolse aktiwiteite, kan ouers op die patio heerlike koffie geniet. Leerders kan ook hier tussen die naskoolse aktiwiteite iets nuttig of saam aan take werk terwyl Hoërskool Framesby se eie radio- stasie agtergrondmusiek verskaf. Vir studente wat in stilte met hul akademie wil voortgaan,is die studiesentrum met afsonderlike werkstasies tot hulle beskikking. Die huidige mediasentrum verskuif na die studentesentrum sodat toegang tot navorsings- en kopieerfasiliteite makliker beskikbaar is.
Wat die uitbreiding van die bestaande kurrikulum betref, word die invoer van die vakke Meganiese Tegnologie en Elektriese Tegnologie ook in die vooruitsig gestel.
Die studentesentrum sal definitief die lewensaar op Hoërskool Framesby se skoolgronde wees – ‘n tuiste weg van die huis.
WELKOM TERUG!
February 22, 2021 | BY M Snetler
framesby gholfdag - 20 november 2020


WELKOM TERUG!
February 22, 2021 | BY M Snetler
Welkom terug aan al ons leerders!
En ‘n spesiale welkom aan al ons nuwe leerlinge!
FOTOJAARBLAD 2020
February 19, 2021 | BY M Snetler
FOTOJAARBLAD 2020
Soos ons almal teen die tyd al weet was 2020 ‘n interessante jaar. ’n Jaar van aanpas met die tye. Dit is dus vanselfsprekend dat ons jaarblad van 2020 anders sal lyk. Ons moes individuele foto’s neem i.p.v. klasfoto’s en mnr. Rauch het goed gedink om ‘n gedenkblad van die afgelope 50 jaar te maak. Die gedenkblad bestaan uit foto’s van ou jaarblaaie, plakboeke en koerantberigte. Dit bevat onder andere boodskappe van oud-hoofde, ons eerste hoofleiers en
baie foto’s uit die argiewe. Dis beslis ‘n versamelstuk vir trotse oudskoliere.
As alles goed verloop, sal ons volgende week ons eerste stel jaarblaaie ontvang. Die matriekklas van 2020 sal voorkeur kry en daarna die res van die leerders. Ons het besluit om die jaarblad ook
vir oudskoliere wat dalk ‘n jaarblad wil koop beskikbaar te stel. Verdere besonderhede sal binnekort bekend gemaak word.
MEDIASENTRUM
February 18, 2021 | BY M Snetler
MEDIASENTRUM
Die Mediasentrum is weer tydens pouses en direk na skool oop. Leerders kan tydens pouse afrol-werk doen en na skool boeke of dvd’s uitneem. Streng protokol sal gehandhaaf word: items word gesantiseer tydens inhandiging en sal vir ‘n week eenkant gehou word voor dit weer uitgeneem mag word. Slegs vier leerders word op ’n slag in die mediasentrum toegelaat. Dus moet leerders fyn beplan indien ‘n taak ingehandig moet word en nie die dag van inhandiging probeer druk nie.
Ons vra dat alle uitstaande boeke en dvd’s van verlede jaar binne die volgende twee weke ingehandig sal word. Daarna sal ouers gekontak en boetes uitgereik word.
Die mediasentrum is oop tydens pouses en direk na skool (Maandae tot Donderdae van 14:00-15:00 en Vrydae van 14:00-14:15).
VINNIGE NAVRAAG
Voltooi en stuur
KONTAK INLIGTING
Fisiese Adres:
Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001
Posadres:
Posbus 28065
Sunridgepark, 6008
Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787
E-pos:
Algemene navrae - skoolhoof@framesby.co.za
Facebook: Hoërskool Framesby
BELANGRIKE INLIGTING
Vinnige skakels
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"





