"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

Landsdiens beleef 'n bloeitydperk

Framesby se Landsdiensklub beleef tans `n besondere bloeitydperk.  Dertien lede van die klub is gekies  om die Nasionale Kamp in Desember mee  te maak. Marnu Sharp, Jolene Nel  en Lydia Minnie woon die junior kamp by. Die kamp vir Gr 8 en 9 word by Thaba Morula naby Rustenburg gehou.  Janneke Stumke, Ilze van der Merwe, Marli Lategan, Ivan Slabbert, Hanno van der Merwe, Carla Gouws, Landi Adendorff, Andre Nortje, Barnard Swanepoel en Vicky Schoeman woon die senior kamp by.  Die kamp word by Joy Unspeakable naby die Roodeplaatdam Noord van Pretoria gehou.

 

Die leerders is gekies tydens `n Streekskamp wat vanaf 17 – 21 Junie 2019 by Lekkeroord in Oos-Londen gehou is.  Agtien van Framesby se 65 lede het saam met die res van die Oos-Kaap se leerders gekamp.  Dertien van die agtien is vir die Nasionale Kamp gekies.

 

Landsdiens is `n Jeugbeweging wat in 1914 ontstaan het . Die doel was om seuns te leer boer en dogters te leer huishou. Seuns is geleer om kunsmis te gebruik in die verbouing van landbouprodukte soos bv. mielies.  Oor jare het dinge baie verander en beywer die Beweging hom om vier basiese liefdes by lede te kweek nl, `n liefde vir die medemens, natuur, arbeid en vir die Skepper.


Suid Afrika word in tien streke verdeel en skole se klubs reël aktiwiteite wat  aansluit by die vier liefdes.  Aktiwiteite moet altyd leersaam en genotvol wees. Leerders word onderrig in lewensvaardighede wat van hulle afgeronde landsburgers maak. Klubaktiwiteite, klub-  en areakampe word aangebied deur onderwysers  en ander kundiges uit die gemeenskap.


Leerders word uit klubs gekies om Streekkampe by te woon  en by hierdie kampe word leerders geëvalueer om Nasionale Kampe by te woon.  Tydens Streekkampe  kamp gewoonlik `n honderd –en –sestig kinders saam en tydens `n Nasionale kamp is daar gewoonlik om en by vier honderd kinders.


Hoërskool Framesby is in 2017 opdrag gegee om `n Streekkamp te beplan en aan te bied.  Dit het by Mentorskraal naby Jeffreysbaai plaasgevind. Daar het 160 leerders en 30 volwassenes saam gekamp.  Twee senior lede van ons skool is verkies om Nasionale Kamp in Natal mee te maak.  Hulle is Shanleigh Havenga  en Hanli  Lintvelt. Shanleigh is aangewys as die Streekleier van die Oos Kaap. Tydens die Streekkamp van 2018 by Kareedouw is 11 leerders van Framesby ook gekies  om die Nasionale Lamp van 2018 te Mentorskraal mee te maak.  Framesby se klublede het ook `n groot rol gespeel in die organisering en aanbieding van die kamp.
 

ORGANISEERDER

Mnr. H. Terblans

Helmit-terblans

HULP:

Mnr. D. Barnard

Mej. S. Havenga

img2876
img2886
img3041
img3093
img3146
img3846
img3967
img4027
img4091

boknes-kamp

img7927
img8186
img8170
img8168
img8167
img7936
img7979
img7968

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...