"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

DIE VEREISTES VIR TOELATING TOT HOËR ONDERWYS

Vakke vir graadstudietoelating (tans bekend as universiteitstoelatingsvakke)

  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Ingenieursgrafika en- ontwerp
  • Geografie
  • Verbruikerstudies
  • Inligtingstegnologie
  • Tale (een ‘n Taal van Onderrig en Leer (TOL) by ‘n hoër opvoedkundige instansie en twee ander erkende taalvakke)
  • Lewenswetenskappe
  • Wiskunde
  • Wiskundige Geletterdheid
  • Musiek
  • Fisiese Wetenskappe

 

3.2   Vereiste minimumpersentasies vir studietoelating

 

  • Vir graadstudies (tans bekend as universiteitstoelating)

             50% in vier van die vakke in bogenoemde lys

  • Vir diplomastudies

             40% in enige vier Nasionale Seniorsertifikaatvakke

             (m.a.w.) bogenoemde lys plus Toerisme,   

             Rekenaartoepassingstegnologie en Lewensoriëntering).

  • Vir sertifikaatstudies

            Geen vereiste minimumpersentasies nie, die kandidaat moet bloot

            die NSS verwerf

 

3.3   Vereistes vir verwerwing van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)

 

3.3.1     ‘n Leerder moet ‘n evalueringskode 3 (40% - 49%) in 3 vakke

               behaal waarvan een ‘n amptelike huistaal in Groep A moet wees.

3.3.2    ‘n Leerder moet ‘n evalueringskode 2 (30% - 39%) in 3 ander vakke  

              behaal, met die ekstra vereiste dat ‘n volledige portefeuljepunt as

              bewys van die jaar se assessering vir die druipvak ingedien moet 

              word.

3.3.3    Geen algehele gemiddelde word bereken nie en dit vorm ook nie

             deel van die vereistes nie.

3.3.4    Indien Musiek geneem word, word 65% vir Royal Schools- / Trinity- of 50% vir UNISA-eksamens vereis. Slegs die hoogste prestasie sal in  ag geneem word.

Webtuistes van verskeie universiteite

• Nelson Mandela 
https://www.mandela.ac.za/
 
Stellenbosch  http://www.sun.ac.za
 
Bloemfontein  http://www.ufs.ac.za
 
Pretoria           http://web.up.ac.za
 
NWU                http://www.nwu.ac.za
 
• UNISA               http://unisa.ac.za

 
Vir bepaalde kursusse word ‘n sekere APS-punte totaal vereis.
Die sluitings datum vir aansoeke verskil van universiteit tot universiteit.
Sommige universiteite vereis dat toelatings-toetse geskryf word.
Vir sekere kursusse MOET toelatings-toetse geskryf word, veral waar keuring tersprake is

 

MAAK ASSEBLIEF SEKER HIERVAN!!

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...