"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

FRAMESBY MUSIEKDEPARTEMENT

Die volgende deeltydse onderwysers sluit vanjaar by die musiekdepartement aan. Elkeen van hul is ‘n spesialis-afrigter op die betrokke instrument(e) wat hul gaan aanbied. Ons glo dat elkeen hul tyd by Hoërskool Framesby baie gaan geniet en dat dit die begin van ‘n lang en suksesvolle verbintenis gaan wees. Baie welkom aan elkeen van hierdie musiekpersoneel by die Framesby familie!

Justin Kindness – trompet en tjello
Mnr. Kindness het in Oos-London grootgeword en skoolgegaan. Hy het sy Bmus (cum laude) sowel as onderwysgraad (cum laude) in 2019 aan Nelson Mandela Universiteit voltooi. Tydens sy studies was hy by verskeie musikale ensembles op beide trompet en tjello betrokke, en was ook die musiekteorie tutor vir drie jaar. Hy is tans lid van die swing-orkes, ‘Franky and the Misfits’, wat in en om Port Elizabeth optree. Hy is ook ‘n deeltydse musiekonderwyser by Grey Junior en is opgewonde om deel van Framesby se lewendige musiekdepartement te word.

Stephan Naudé – klassieke en akoestiese kitaar
Mnr. Naudé is gebore en getoë in Uitenhage en het aan HTS Daniël Pienaar gematrikuleer. Hy het sy BMus algemene graad in 2014 aan NMU voltooi. Vanaf 2012 begin hy om kitaarlesse by verskeie skole, asook privaatlesse, te gee. Van die skole waarby hy al betrokke was, is: Laerskool Albertyn, Hoërskool Brandwag, HTS Despatch, DF Malherbe, Theodore Herzl, St Dominics Priory, asook Hoërskool Framesby. In mnr. Naudé se eie woorde: “Ek voel daar is genesing vir elke individu in musiek en voel baie passievol oor hoe ons, ons eie unieke stem in musiek kan vind.”

Christopher Sebastian – akoestiese en elektriese kitaar asook baskitaar
Mnr. Sebastian is in Kimberley gebore, het in Durban grootgeword en in Port Elizabeth aan Hoërskool Westering gematrikuleer. Sy passie vir optrede en onderrig in musiek lei daartoe dat hy na skool ‘n loopbaan in musiek begin volg. Nadat hy sy honneursgraad in onderwys behaal, het hy by skole soos Westering, Kabega Primêr sowel as CAMA-musiekskool onderrig gegee. Hy het ook sy eie privaat studio.

Mnr. Sebastian glo dat musiek die mees spesiaalste manier is waarop ‘n persoon hulself kan uitdruk en kommunikeer. Hy haal graag Jane Swan aan: “How is it that music can, without words, evoke our laughter, our fears, our highest aspirations?” . Mnr. Sebastian is opgewonde om deel van die Framesby-familie te word.

Adrian Jonas – klarinet en saksofoon
“I believe our life’s purpose is to be the highest and truest expressions of who we are whilst embracing the constants of growth and change. As a teacher, I aim to use music and the arts to guide learners on their paths of life.”Só beskryf mnr. Jonas sy filosofie rondom onderrig en leer. Mnr. Jonas het onlangs sy musiek- sowel as onderwyskwalifikasie aan Nelson Mandela Universiteit behaal en is reeds ‘n paar jaar by verskeie skole in Port Elizabeth betrokke. Hoogtepunte in sy musiekloopbaan tot dusver sluit optredes saam met Lira en Judith Sepuma sowel as die Nasionale Jeugorkes in. Hy speel ook in verskeie ensembles.Mnr. Jonas is gretig om die nuwe seisoen in sy lewe en alles wat dit mag bring, te ondersoek en sien uit na sy tyd by Framseby.

Nellie Brandt – dwarsfluit
Mev. Brandt het op Bethlehem in die Vrystaat groot geword en op 11-jarige ouderdom na Port Elizabeth verhuis. Sy het in 1998 as onder-hoofdogter van Hoërskool Framesby gematrikuleer. Sy het B.Mus Uitvoerend aan die Universiteit van Stellenbosch studeer met klavier as hoofvak. Daarna het sy ‘n B.Mus Hons.in musiek-opvoeding behaal. Onder hoogtepunte in haar musiekloopbaan sonder sy twee uitvoerings as solis saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes asook die Stellenbosch Simfonie-Orkes uit. Sy het ook verskeie meesterklasse deur internasionale maestro’s bygewoon. Vanaf 2004-2009 het sy onderrig in musiek aan Collegiate Girls High gegee en het daarna hoofsaaklik op privaat onderrig gefokus.

Mev. Brandt se filosofie rondom musiekonderrig is dat musiek vir ‘n mens ‘n wêreld van onbeperkte moontlikhede oopmaak, terwyl dit ook soveel konneksies met ons alledaagse lewe het. Ons lewens is dus baie nader aan musiek verbind as wat ons besef. Ons kan nie daarsonder nie!

Sonya Leurquain-Steyn – lae koperblaasinstrumente
Me. Leurquain-Steyn is ‘n musikant, onderwyser en navorser. Sy het in Oos-Londen skoolgegaan en aan Stirling High School gematrikuleer. Sy het ‘n graad in Linguistiek sowel as ‘n honneursgraad in Sielkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Tans is sy besig met haar B.Mus-graad aan Nelson Mandela Universiteit.

Me. Leurquain-Steyn het al op verskeie platforms opgetree, beide plaaslik en internasionaal. Sy was lid van die Nelson Mandela Simfonie-orkes, NMU Blaasorkes, sowel as NMU koperblaas ensemble en verskeie ad hoc orkeste. Sy was in 2018 die eerste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger om die Nederlandse Bastromboon Ope in Ede, Nederland by te woon, waar sy meesterklasse by verskeie internasionale maestro’s ontvang het.
Me. Leurquain-Steyn is reeds ‘n paar jaar besig met privaat onderrig, sy het al op verskeie platforms gepubliseer en rig tans ook koperblaas by Laerskool Sunridge af. Haar passie vir onderrig word deur haar liefde vir musiek gevoed, sowel as haar geloof dat “where words fail, music speaks”.

Robert Gilmer – sang
Mnr. Gilmer is in Port Elizabeth gebore en getoë en het in 2001 aan Hoërskool Framesby gematrikuleer. Hy het sy Diploma in musiek cum laude geslaag en ‘n BMus-graad van Nelson Mandela Universiteit ontvang. Hy het ook verskeie kort kursusse in sangtegniek gedoen. Tans is hy besig met sy finale jaar in MMus Kontemporêre Uitvoerende Kuns. Mnr. Gilmer het vir ‘n hele aantal jare in die NMU-koor gesing en dit was vir hom ‘n hoogtepunt om saam met die koor in China te gaan sing. Om musiek deel van jou lewe te hê, is om ‘n nuwe taal te leer wat met jou siel praat. Dit bring soveel genot vir jouself en mense wat dit aanskou. Dit is ‘n gawe en voorreg om musiek te kan leer. In die woorde van Louis Armstrong: “Music is life itself”.

Die musiekdepartement het ook twee voltydse vakmusiekonderwysers. Me. Marissa Roodt bied daarby ook klavier en viool aan en me. Zeta Strydom klavier, kerkorrel en klawerbord. Leerders kan ook sekere orkesinstrumente by die skool huur.

16016717738771817056822132310109003665596103o

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...