"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

TOELATING

Toelatingsbeleid van die Hoërskool Framesby

1. Die voertaal van die skool is Afrikaans.

2. Die skool handhaaf 'n waardegedrewe etos, aard en karakter, asook die kultuur en tradisies van die skool. Op geen wyse sal daar egter gediskrimineer word teen leerders op grond van godsdiens en geloof nie.

3. 'n Leerling moet oor die vereiste akademiese prestasiepeil vir toelating tot die graad, waarvoor hy aansoek doen, beskik.

4. 'n Leerling moet hom aan die gedragskode en huishoudelike reëls van die skool onderwerp.

5. Ouers moet onderneem om die voorgeskrewe verpligte skoolgeld te betaal, met inagneming van die Departementele glyskaal vir afslag.

6. Dit word sterk aanbeveel dat 'n leerling nie by hierdie skool inskryf indien sy ouderdom meer as twee jaar verskil van die gemiddelde ouderdom van die betrokke graad nie. 

7. Voorkeur word verleen aan leerlinge wie se ouers binne die natuurlike voedingsgebied van die skool woon.

Prosedure by toelating

1. Inskrywing vir 'n betrokke jaar sluit op 31 Julie van die voorafgaande jaar.
Laat inskrywings sal op 'n tydsvoorkeurbasis ná onderhoude met die skoolhoof geskied.

2. 'n Skriftelike aansoek om toelating op die voorgeskrewe inskrywingsvorm (by skool beskikbaar) word deur alle voornemende leerlinge aan die skoolhoof gerig en moet vergesel word van 'n afskrif van die leerling se geboortesertifikaat en sy jongste skoolrapport.

3. Met die uitsondering van voornemende Graad agt-leerlinge, sal finale goed-keuring van 'n leerling se aansoek geskied slegs nadat die voornemende leerling en sy/haar ouers 'n persoonlike onderhoud met die skoolhoof of sy gevolmagtigde gevoer het.

Framesby jaarbeplanners : 

Die Hoërskool Framesby publiseer sy eie huiswerkdagboek waarin belangrike datums rakende eksamens, toetsreekse, sport- en kultuuraktiwiteite, ens. aangebring is.  Ons verwag dat elke leerling een sal koop, en wil u dus vra om nie 'n ander dagboek aan te skaf nie.  Dit sal aan die begin van die skooljaar by die skool verkoop word. Die bedrag sluit ook 'n eksemplaar in van die Framesby Fotojaarblad wat aan die einde van elke jaar uitgereik word.

Aansoekvorm 2024/2025

inligtingsboekie vir nuwe leerders

Inligtingsboekie 2024

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...