"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

ERKENNING AAN PRESTEERDERS


Die volgende 3-Vlak-toekenning bestaan by Framesby:

  • Vlak I: MERIETETOEKENNINGMerietepunte word toegeken vir uitsonderlike balans tussen Akademie, Sport en Kultuur. Geregtig op gepaste kleur merieteknopie

 

  • Vlak II: KLEUREHoofsaaklik in spanverband mits die leerling vanaf Graad 8 die sport/kultuur beoefen het.Fisiese klere: Effekleurige blou baadjie met SILWER balkie(s).

 

  • VLAK III: EREKLEUREUitsonderlike individuele prestasie op amptelike provinsiale / nasionale vlakFisiese klere : Effekleurige blou baadjie met GOUE lourier en balkie

KLEURE EN EREKLEURE

Kleure en Erekleure word op meriete vir akademiese prestasie en alle sportsoorte en kultuurbedrywighede wat in die skool beoefen word, toegeken. Erekleure word ook aan buiteskoolse aktiwiteite toegeken indien die leerling onder die drie toppresteerders in Suid-Afrika in die betrokke aktiwiteit eindig. Die inligtingsboekie met Kriteria en Riglyne is by die algemene kantoor beskikbaar.
 
Die kleure (slegs van Gr 11) en erekleure (slegs van Gr 10) kan alleenlik met die skool se toestemmingsbrief by die leweransiers verkry word en mag slegs vanaf die voorgeskrewe Grade gedra word.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...