"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

ATLETIEK

Atletiek   Gholf    Hokkie   Krieket    Muurbal   Netbal    Rugby   Tennis

atletiek afrigters

  • Langafstande: - Mev. M. Cronje en Mev. C. de Witt
  • Naellope: - Mev. L. Smit
  • Hoogspring: - Mej. N. Loubser
  • Ver-en driesprong: - Mnr. M. J v Rensburg
  • Hekkies: - Mnr. N. Bakker
  • Spiesgooi: - Mej. M. Olivier
  • Gewigstoot: - Mej. A. Kapp
  • Discus: - Mej. A. Kapp

atletiekorganiseerder

Mev. Marinda Cronje

mcronje

ATLETIEKKLINIEK

BY M Snetler

Vanaf 28 – 30 Augustus het 180 Framesby, Nico Malan,  en Gr7-atlete die atletiekkliniek by Framesby bygewoon. Ons het gesweet, geoefen en geluister na beste afrigters in die provinsie.
Ons het ook spesiaal 2 afrigters van Gauteng ingevoer: Willie Engelbrecht (middelafstande) en Sonette Sanders (hoogspring). Albei rig verskeie SA Kampioene af.

read more...
 September 07, 2018
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

Framesby-manne klop die trein!

BY W Rauch

‘n Groep Framesby-atlete wat hulself die FRAMESBY YSTERS gedoop het, het verlede naweek aan die “Train Race” deelgeneem en as die wenners in die hoërskole-afdeling uit die stryd getree. Hulle is Damian Smith, Jason van der Watt, Chad van Rensburg, IP van der Merwe, Björn Ferreira en De-Leon Strydom. Almal het in die aflos verskillende afstande afgelê, terwyl IP 12,5 km op sy fiets moes aflê. Hierdie ysters het op hul eie inisiatief ingeskryf en in die proses Framesby se naam pragtig uitgedra. Baie geluk, manne!


Ons atlete berei tans baie hard voor vir die komende seisoen en Framesby bied binnekort ‘n atletiekkliniek aan waar van die beste afrigters in die provinsie ons atlete bietjie onder hande gaan neem.

read more...
 August 27, 2018
Comments (0)
Atletiek
W Rauch

Framesby landloopatlete skitter

BY M Cronje

OP LANDLOOPATLETE:
12 Framesby-atlete is die OP-span opgeneem. Die atlete sal op 8 September aan die SA Landloopkampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Om die prestasie in perspektief te plaas: slegs 32 hoërskoolatlete is vir die OP-span gekies- 12 atlete vanaf Framesby.
Hulle is:
1. Gerhard Venter- so/14
2. Wehan Smith- so/15
3. Keigh-Lee van Tonder- do/15
4. De-Leon Strydom- so/16
5. Bjorn Ferreira-so/17
6. Janno Agenbag- so/19
7. Kelly Schmidt- do/16
8. Kari Nel- do/16
9. Lara de Bloe-do/17
10. Anja Webber- do/17
11. Lize-Me Otto- do/17
12. Vicky Oelofse- do/19


METRO-LANDLOOPSPAN:
18 Framesby-atlete is in die Metrospan ingesluit wat op 1 September aan die Oos-Kaaplandloopproewe in Port Alfred sal deelneem.
Hulle is:
1. Gerhard Venter
2. Wehan Smith
3. MJ Bosch
4. De-Leon Strydom
5. Jeandre Botha
6. Bjorn Ferreira
7. Janno Agenbag
8. Anke Scheffer
9. Nicole Ferreira
10.Keigh-Lee van Tonder 
11. Kari Nel
12. Kelly Schmidt
13. Simone le Grange
14. Lara de Bloe
15. Lize-Me Otto
16. Vicky Oelofse
17. Janie Guldenphennig
18. Nicole Hamilton
Baie geluk aan al die atlete!!

read more...
 August 15, 2018
Comments (0)
Atletiek
M Cronje

fRAMESBY LANDLOOP-ATLETE PRESTEER

BY M Cronje

Die Framesby-landloopatlete het Saterdag aan die OP Landloopkampioenskappe by NMU deelgeneem. Skole van regoor die Oos-Kaap het aan die byeenkoms deelgeneem. Ons het 10 van die moontlike 30 medaljes verower. Die OP-span en Metro-span sal later bekend gemaak word.


DIE VOLGENDE ATLETE HET MEDALJES VEROWER:
GOUD: (EERSTE PLEKKE)
1. Vicky Oelofse- 1ste – do/19
2. Bjorn Ferreira- 1ste- so/17
3. Lara de Bloe- 1ste- do/17
4. Kari Nel- 1ste- do/16


SILWER (TWEEDE PLEKKE):
5. Janno Agenbag- so/19
6. Lize- Me Otto
7. Kelly Schmidt- do/16
8. Gerhard Venter- so/14
9. De-Leon van Rooyen - 2de - so/16


BRONS (DERDE PLEKKE)
10. Anke Scheffer - do/14

read more...
 August 06, 2018
Comments (0)
Atletiek
M Cronje

LANDLOOP: LIGA 5

BY M Cronje

Ons laaste Woensdagliga het by Newton Tegniese Skool plaasgevind. Ons wen al 3 dogtersouderdomsgroepe en die so/15 en so/19- afdeling.


DIE VOLGENDE ATLETE HET EERSTE PLEKKE BEHAAL:
Keigh-Lee van Tonder-  do/15
Anke scheffer- do/14
Kari Nel- do/16
Lara de bloe- do/17
Gerhard Venter- so/14
Wehan Smith so/15
Janno Agenbag- so/19
 
DIE VOLGENDE ATLETE HET 2DE PLEKKE BEHAAL:
Kelly Schmidt- do/16
Nicole Hamilton- do/19
 
DIE VLG. ATLETE HET 3DE PLEKKE BEHAAL:
Nicole Ferreira- do/14
Simone le Grange- do/16
Janie Guldenphennig- do/19
Zack Serfontein- so/14

read more...
 July 31, 2018
Comments (0)
Atletiek
M Cronje

Landloop-atlete neem die tuinroete op horings

BY W Rauch

Die jaarlikse landlooptoer na die Suid-Kaap het al ‘n instelling geword en vanjaar het ‘n groep van 34 atlete gedurende die vakansie na George en Knysna getoer waar hulle aan verskeie wedlope deelgeneem het. Hulle het in George begin waar hulle aan ‘n 5 km- en ‘n 10 km-wedloop deelgeneem het. Daarna het hulle in Knysna aan ‘n landloopbyeenkoms, ‘n straatmyl, en ‘n wedloop oor 5 km deelgeneem. Skole van oor die hele Suid-Afrika het deelgeneem en ons atlete het oudergewoonte baie goed presteer. In die George 5 km was IP van der Merwe algeheel 3de in die seuns- en mansafdeling, terwyl Anja Webber ook 3de was in die dogters- en vroue-afdeling. Bjorn Ferreira het tydens die landloopbyeenkoms die O/17-afdeling gewen en in die proses afgereken met die Wes-Kaap-kampioen! In die straatmyl het Bjorn weer uitgeblink deur 1ste te eindig van al die seuns met De-Leon Strydom wat die derde plek algeheel losgehardloop het. In dieselfde wedloop het Karla Scheffer 3de klaargemaak in die dogtersafdeling.

read more...
 July 23, 2018
Comments (0)
Atletiek
W Rauch

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Nutritech-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close