Baie geluk aan Milla Otto wat in die 0/18B-OP hokkiespan opgeneem is. Ons wil ook vir Robyn Knipe baie gelukwens.
Sy is in die Oos-Kaap 0/14 hokkiespan opgeneem. Framesby is baie trots op julle!
DOGTERSHOKKIE
Mnr. J Drury

Veldhokkie is 'n spansport met 'n oorsprong wat dateer uit die Middeleeue in Engeland, Skotland, Frankryk en Nederland.
Framesby is baie kompeterend wanneer dit kom by hokkie en het al verskeie provinsiale spelers opgelewer. Hokkie is 'n wintersport gespeel deur beide ons seuns en dogters. Spanne word in die skole liga ingeskryf en ons neem deel teen verskeie skole in die Oos-Kaap en gaan op verskeie toere deur die jaar.
SEUNSHOKKIE
Mev. Marikie Landman

MILLA EN ROBYN MAAK ONS TROTS
May 27, 2022 | BY M Snetler
hokkie
May 25, 2021 | BY M Snetler
Baie geluk aan die volgende dogters wat deurgedring het na die volgende
rondte van hokkie proewe: Shani Dames (o/16), Milla Otto ( o / 1 6 ) , Anya Weyers (o/18), Miecke Smuts (o/18), Denise Van Der Spuy (o/18) en Clarissa Van Rooyen (o/18).
Baie geluk aan Milla Otto wat na die finale rondte deurgedring het.
Knap, gedaan meisies!
FRAMESBY HOKKIE IS AAN DIE BRAND!
April 23, 2021 | BY M Snetler
Die eerste dogtershokkiespan het op 10 April ‘n vriendskaplike wedstryd teen Collegiate
gespeel. Al het die dogters die wedstryd nie gewen nie, het hulle hulle harte teen hierdie sterk
opponente uitgespeel. Die dogters het inderdaad uithouvermoë gewys. Ons sien baie uit vir
hul volgende wedstryd. Knap gedaan , dogters!
sooispitseremonie vir astro hokkieveld!
August 05, 2019 | BY M Snetler
Ná jare se praat en droom oor ‘n Astro vir Framesby, is dit bewaarheid. As alles volgens plan verloop, neem ons op 7 Desember 2019 die Astro in ontvangs en kan ons met groot afwagting op gelyke voet begin meeding.
Om die proses behoorlik af te skop, is daar op Maandag 29 Julie, ‘n paar sooie op die bestaande hokkieveld gespit. ‘n Hele paar eregaste het die geleentheid bygewoon en elkeen van hulle kon ‘n sooitjie spit. Gelukkig was die grond sag ná die lekker reën van die afgelope tyd!
Onder die eregaste was mnre. Johan Kritzinger en Jan Stroebel, twee van ons voormalige skoolhoofde. Baie dank is verskuldig aan almal wat oor die jare help bou het aan hierdie wonderlike skool en hulle kon met groot trots deel hê aan die volgende hoofstuk in ons geskiedenis. Die Departement van Onderwys is deur mnr. Gorgonzola, die Distriksdirekteur, sowel as mnr. Pierre Stofberg, ‘n Kringbestuurder verteenwoordig.
Mag hierdie projek net verder bydra tot die uitbou en groei van die Framesby-familie en ons almal hegter saambind. Dis opwindende tye wat voorlê en ons sien uit na ‘n blink hokkie-toekoms.
Amoré & Rosalie vier 100 wedstryde vir 1ste hokkie
July 29, 2018 | BY M Snetler
Baie geluk aan ons hokkie meisies Amoré Terblance (O/kaptein, Gr12) en Rosalie Eisenberg (Kaptein, Gr11). Hulle het hulle 100ste wedstryd mylpaal in styl gevier hierdie naweek!
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"





