"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

RUGBY

Atletiek     Gholf     Hokkie      Krieket     Muurbal    Netbal     Rugby   Tennis

As een van die sterkste rugby skole in die Oos-Kaap, het Framesby 'n trotse rugby geskiedenis wat vyftig jaar terug strek.  Ons speel teen die top rugby skole in Suid Afrika wat die volgende skole insluit:

  • Outeniqua
  • Boland Landbou
  • Oakdale
  • Glenwood
  • Marlow Landbou
  • Selborne
  • Queens College
  • Grey College
  • Grey High School

Spanne begin al vroeg in die jaar oefen om gereed te wees vir toere na die Kearsney College, Paarl Gymnasium en Paarl Boys High rugby toernooie!

  

ORGANISEERDER

Mnr. Louis Gerber

(1ste span afrigter)

2
Framesby-rugby-2019-1

7's rugbyuitslae

BY M Snetler

Gedurende die September-skoolvakansie het Erik de Lange en Stefan Oosthuizen in ‘n gekombineerde 7’s-rugbyspan deelgeneem aan ‘n Internasionale Skole Toernooi in Mauritius. Die res van die span het uit spelers van Hoërskool Outeniqua en een speler van Oakdale bestaan. Mnr. Scriven en sy broer Liaan (van Outeniqua) was die afrigters. Na twee dae se strawwe kompetisie het die span, “Valcano’s”, die o.19-Nasionale Mauritiusspan in die finaal 5 – 0 geklop.

read more...
 October 04, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

OP CRAVEN WEEK nuus

BY M Snetler

Verskeie van ons rugbymanne het die afgelope vakansie die provinsie verteenwoordig.
O.15-OP Rhino Week het in Vanderbijlpark plaasgevind. Die volgende Framesbyleerders
het ons verteenwoordig; Juan Baard (kaptein), Xander Minnie, Corné Scheepers, Zack
Serfontein en Jayden Smit. Van die drie wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle twee
gewen en een verloor (die finaal).


Stefan du Plessis en mnr Juhan Meyer (spanbestuurder/hulp-afrigter) het ons in die o.16-OP Vyftiental in Frankfurt verteenwoordig. Die span het drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het en een verloor het (die finaal).


Die o.16-OP Grant Khomo Week het in Witrivier plaasgevind. Damian Robberts en Mnr Francois vd Walt het Framesby daar verteenwoordig. Van die drie wedstryde het hulle een gewen en twee verloor. Hulle eindig in 6de plek.


Caden-Wade Finnis (o/kaptein) en Morné Prins was deel van die o.18 OP Akademiespan wat in Bloemfontein gespeel het. Hulle het twee wedstryde gewen en een verloor. Hulle eindig dus in 4de plek.


Die o.18-OP Cravenweekspan het in Bloemfontein gespeel. Mnr Christo Scriven het die leerders vergesel en ook gedien as hulp-afrigter vir die span. Die volgende leerders het in die toernooi deelgeneem; Sebastian Brandt, Ruan Smit, Ruan Claassen, Danie vd Merwe, Jeandré Liebenberg en Brandon Wilkie(kaptein). Die span het drie wedstryde gespeel, twee gewen en een verloor. Hulle eindig in 5de plek. Knap gedaan aan al ons leerders, sowel as ons personeel!

read more...
 July 17, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

Rugbyspelers wemel in op-spanne

BY M Snetler

Tot dusver beleef Framesby-rugby ‘n baie goeie seisoen, en is ons baie dankbaar om te berig dat altesaam 16 van ons rugbyspelers opgeneem is in Oostelike Provinsie-spanne wat tydens die vakansie in nasionale toernooie in aksie sal wees. Vyf van ons O/15-spelers is opgeneem in die OP-span wat aan die Rhino-week gaan deelneem. Hulle is Juan Baard, Corné Scheepers, Zack Serfontein, Zander Minnie en Jayden Smit. By die O/16’s is twee spanne gekies, en Corné van der Merwe en Stefan du Plessis is in die O/16-Uitnodigingspan opgeneem wat aan die VKB-toernooi gaan deelneem. Die Grant Khomo-span is die O/16 “Cravenweekspan” en Damian Robberts het hierdie span gehaal.


Ons senior spelers het ook nie op hulle laat wag nie. Caden-Wade Finnis en Morné Prins is beide in die O/18Akademiespan opgeneem. Caden is ook aangewys as onderkaptein. Hierdie span reis saam met die Cravenweekspan na Bloemfontein, waar die Cravenweek sowel as die Akademieweek by Grey Kollege aangebied word. Ons is baie trots op Danie van der Merwe, Ruan Claassen, Jaundré Liebenberg, Brandon Wilkie, Ruan Smith en Sebatian Brandt, wat almal in die Cravenweekspan opgeneem is. Brandon is ook aangewys as kaptein.
Baie geluk, manne! Dis ‘n wonderlike prestasie, en ons glo dat julle nie net die OP nie, maar veral Framesby se naam hoog sal hou by die toernooie. Ons hoop om volgende week ‘n foto van die groep te plaas.

Dis egter nie net ons seuns wat by die spanne betrokke is nie, maar ook drie van ons afrigters. Mnr. Christo Scriven is vanjaar ‘n hulpafrigter by die Cravenweekspan, terwyl mnr. Francois van der Walt die spanbestuurder van die Grant Khomospan is. Mnr. Juhan Meyer is ook aangewys as die bestuurder van die O/16-uitnodigingspan. Baie geluk menere, en baie sterkte met die voorbereidings!


PROVINSIALE SPELERS IN ONDERSKEIE OP-SPANNE
OP o.15 Rhino Week
Juan Baard
Corné Scheepers
Zack Serfontein
Zander Minnie
Jayden Smit


OP o.16 Grant Khomo
Damian Robberts
Spanbestuurder: Mnr Francois van der Walt


OP o.16 Uitnodigingspan
Corné vd Merwe
Stefan du Plessis
Spanbestuurder/hulp-afrigter : Mnr Juhan Meyer


OP o.18 Akademiespan
Morné Prince
Caden-Wade Finnis ( onder-kaptein )


OP o.18 Cravenweekspan
Danie van der Merwe
Ruan Claassen
Brandon Wilkie ( Kaptein )
Jeandré Liebenberg
Ruan Smit
Sebastian Brandt
Hulp-afrigter : Mnr Christo Scriven

read more...
 May 27, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

Wildeklawer Rugbytoernooi uitslae

BY M Snetler

Wildeklawer Rugbytoernooi


Framesby vs Menlopark
Wen 29-21
Man of the match: Juandre Liebenberg


Framesby vs Helpmekaar
Wen 18-17
Man of the match: Ruan Klaassen

read more...
 May 06, 2019
Comments (0)
Rugby
M Snetler

Framesby rugby – hier kom ‘n ding.

BY Fanie Marais

Die afgelope Saterdag het Famesby 5 000 toeskouers met skitterende rugby voor ‘n vol stadion getrakteer in sy wedstryd teen Hoërskool Pearson. Met die afskop was dit reeds duidelik dat Framesby groot planne het vir hierdie jaar toe Framesby se Kaptein Christo Grobler die eerste drie binne vyf minute gedruk het. Grobler was ook Framesby se beste speler op die veld en het paaie deur Pearson gehardloop. Hy is goed ondersteun deur sy ander voorspelers met die twee stutte Morne Prince en Ruan Smith aan die voorpunt asook die twee slotte Danie van der Merwe en Ruben du Preez. Voeg die flank Ruan du Preez en agsteman Ruan Klaasen by en al Framesby se voorspelers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Framesby se slotte het net een pad geken dit was doellyn toe gewees. Pearson se verdediging het geknak en dikwels het Framesby se slotte Pearson saam gesleep doellyn toe. Alhoewel Pearson reuse voorspelers gehad het in Qwame Limba en Ryan Windvogel het hulle meestal rondom die skrum gehardloop in plaas van betrokke te raak. Pearson se agterspelers het egter puik spel gelewer met TJ Horne op die voorpunt. As sy twee onderskep pogings geslaag het sou Pearson se telling beter gelyk het. Maar dit was oor die algemeen skouspelagtige rugby was die twee spanne opgedis het en Framesby is die span wat vanjaar moeilik gaan geklop word.
Die eindtelling was 53-13 in Framesby se guns gewees.
Ander rugby-uitslae was soos volg gewees.(Framesby het al die wedstyde gewen).:::2de span 43-0,3de span 31-15, 4de span 19-17, o.16B 28-17, o.16A 17-15, o.15B 15-5,o.15A 13-5, o.14B 29-12 en o.14 A 17-12.

read more...
 April 10, 2019
Comments (0)
Rugby
Fanie Marais

17 provinsiale RUGBYspelers

BY M Klopper

Hoërskool Framesby spog met 'n totaal van 17 provinsiale rugbyspelers! Baie geluk aan al ons leerders.


U/15 EASTERN PROVINCE RHINO TEAM 2018
- Juandre van Rensburg
- Damian Roberts
- Corne vd Merwe
 
U/16 Eastern Province  Invitational XV 2018:
- LLEWELLYN DU TOIT
- JOHAN VAN BILJON
Mnr F. vd Walt – o.16 XV Spanbestuurder
 
U/16 Eastern Province  Grant Khomo Team 2018:
- RUBEN DU PREEZ
- RUAN CLAASEN
- BRANDON WILKIE (C)
- ETHAN PHILANDER
- JEAN QUENET
- ANDREW NDORO
Mnr C.Scriven – o.16 Grant Khomo assistent-afrigter
 
U/18 EASTERN PROVINCE ACADEMY TEAM 2018
- Luan Ras 
- Andre Gerber 
- William Moffatt
- Danie Van der Merwe
 
U/18 EASTERN PROVINCE CRAVEN WEEK TEAM 2018
- Jeandré Liebenberg (vice-captain)
- Mornay Potgieter

read more...
 June 07, 2018
Comments (0)
Rugby
M Klopper


Jubalayapng

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Nutritech-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close