Framesby het met drie gholfspanne aan die jaarlikse Eersterivier
Gholftoernooi deelgeneem. Framesby se A-span het ‘n derde plek behaal.
Gholf is 'n sport waarin spelers verskillende toerusting gebruik om balle in 'n reeks gate op 'n kursus te slaan in so min as moontlik houe. Die moderne spel gholf het ontstaan in die 15de eeu in Skotland.
Gholf by Framesby is nou wel nie so oud, maar is 'n baie populere sport by Framesby. Ons speel regdeur die jaar gholf. Spanne word in die skole liga ingeskryf en ons neem deel teen verskeie skole in die Oos-Kaap en gaan op verskeie gholtoere deur die jaar. Ons speel elke jaar teen teen skole soos Outeniqua en Boland Landbou in die Suid- en Wes Kaap.
Gholf is 'n sport wat ons kinders dissiplene leer en help om onder druk te funksioneer.
GHOLF ORGANISEERDER
Mnr. Pierre Smit

framesby gholf
August 27, 2021 | BY M Snetler
ZAHN DOEN DIT WEER!!
July 02, 2021 | BY M Snetler
Baie geluk aan Zahn Scholtz wat die Port Elizabeth Gholfklub kampioenskap gewen het! Zahn het met elf houe gewen met tellings van 82 en 78. Jy laat ons breë bors rondloop, Zahn!!
GHOLF
May 17, 2021 | BY M Snetler
Gholf: Interskole toernooi by St. Francis – 7 Mei 2021
Beste vyf tellings gekombineer:
1. Nico Malan 201
2. Framesby 191
3. Marlow 173
Baie geluk aan Zahn wat as beste speler van die dag aangewys is!
Zahn on top 20
March 23, 2021 | BY M Snetler
Zahn Scholtz (Gr. 12) het al menigte male haar staal gewys. Hierdie keer is nie anders nie. Sy is deur Complete Golfer Magazine aangewys as een van die top 20 dames op die Suid-Afrikaanse Junior Dames ranglys. Zahn is in die sewentiende plek en beoog om aan die einde van die jaar in die top 10 te eindig voor sy na Amerika vertrek. Sy het ‘n beurs ontvang om daar gholf te speel. Zahn het al die OP 0/18 dogtersspan, sowel as die provinsiale damesspan verteenwoordig. Sy het al tot by die OP 0/17 seunsspan uitgehelp.
Framesby is ongelooflik trots op Zahn en die merkwaardige prestasies. Ons wens haar alle sterkte toe met die pad vorentoe.
*The Herald het onlangs ’n pragtige berig oor Zahn geskryf. Die skakel is op ons Facebook-blad beskikbaar.
gholfspan vaar goed!
February 21, 2020 | BY M Snetler
Framesby se gholfers glimlag breed na 'n suksesvolle toernooi. Die toernooi is oor die naweek van 14 - 16 Februarie op die Fynbos gholfbaan te Eersterivier gespeel.
Die toernooi word oor 45 putjies beslis: Beurtspel en Parespel op Saterdag (27) en enkelspelwedstryde (18) op Sondag. Spelers speel vanaf 0 voorgee op die Stableford puntetoekenningsmetode. Na afloop van Saterdag se wedstryde was Hoërskool Port Alfred die voorloper met 100 punte en Framesby en Daniël Pienaar gesamentlik tweede met 'n totaal van 91 punte. Die finale uitslag na Sondag se wedstryde is:Port Alfred 185, Framesby 183 en DP 174.
Baie geluk aan Framesby met die mooi terugvegpoging, maar ook geluk aan Port Alfred wat onder groot druk genoeg gedoen het om te kon wen.
FRAMESBY GHOLF VERTOON GOED BY SA-SKOLE TOERNOOI!
August 20, 2019 | BY M Snetler
Framesby se eerste gholfspan het hulle baie goed van hulle taak by die SA-Skole toernooi vir Hoërskole gekwyt. Die toernooi is op die Kora Creek Estate Gholfbaan in Nylstroom van 3 tot 7 Augustus gehou. Ten spyte van droë toestande en blitsvinnige setperke, het die span, bestaande uit Michael Randall (Kaptein), Zahn Scholtz, Ferdi Röth en Hughie Moffat, hulself deeglik in die toernooi laat geld . Die toernooi is oor twee rondtes van 18 putjies elk beslis. Die sterkste skoolspanne van al die provinsies in SA was onder die 24 deelnemende spanne verteenwoordig. Tien spanne was van gholfakademie skole, wat die uitdaging om as gewone hoërskoolspan goed te vaar, nóg moeiliker
gemaak het. In die lig hiervan, het Framesby se gholfspan baie goed gevaar om die 19de plek in te neem. Die gholfspan behoort in die volgende twee jaar nog beter te vaar as in ag geneem word dat net Michael in matriek is. Hughie Moffat is Framesby se beste speler met tellings van 79 en 82.
Baie geluk aan ons SA-Skole deelnemers! Framesby is trots op julle!
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"





