"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

MUSIEKDEPARTEMENT HOU KONSERT

BY M Snetler

Op Vrydag 20 Mei het die Musiekdepartement MUSIEK
MOSAÏEK, hul eerste konsert vir 2022, aangebied. Om
dié naam gestand te doen, was daar 'n verskeidenheid
van style en instrumente om na te luister.
Die orkes, Forte, het die aand afgeskop en die gehoor
met 'n paar popmusiek items en 'n keurspel uit Pixar
films vermaak. Juf. Roodt het ook haar slag met die
viool in een van die orkesstukke getoon. Die soliste het
hierna gewys dat by Hoërskool Framesby uitstekende
afrigting in uiteenlopende instrumente aangebied word.
FANTASIA, die skoolkoor, het die aand afgesluit. Hulle
het die popkantate _Holy Moses_uitgevoer. Dit is 'n
reeks liedere wat die storie van Moses vertel.
Baie geluk aan elke deelnemer met 'n besondere aand.
Hierdie is definitief die begin van 'n welluidende
crescendo!

 May 27, 2022
Comments (0)
Kultuur
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...