"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

FRAMESBY ONDERSTEUNERS VERENIGING (FOV)

REËLS EN REGULASIES

Die reëls en regulasies hieronder uiteengesit , is benewens die grondwet van die Framesby Ondersteuners Vereniging (FOV).
 

  1. INLEIDING:
    1. Lede en aktiwiteite van FOV moet voldoen aan alle regulasies soos uiteengesit in die FOV Grondwet.
    2. Die grondwet is beskikbaar by enige komiteelid van FOV.
    3. Lidmaatskap is vir alle Framesby ondersteuners, is R100 per familie. Nuwe Lede moet ‘n lidmaatskap aansoekvorm invul en onderteken.
  1. REËLS, REGULASIES BEPALINGS EN VOORWAARDES
    1. FOV, sy komiteelede, affiliasies, beamptes, agente, kontrakteurs en opvolgers aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige skade of verliese wat ook al, wat voortspruit uit, of op enige wyse verband hou met die gebruik van die klub.
    2. FOV is 'n ten volle gelisensieerde klub. Die verkoop van of verskaffing van drank aan 'n jeugdige ('n persoon onder die ouderdom van 18 jaar) is streng verbode.
    3. Kinders onder die ouderdom van 18 moet vergesel word deur 'n volwassene.
    4. Enige persoon wat optree in 'n offensiewe wyse, insluitend gewelddadigheid, bakleierigheid, wanordelikheid of onwelvoeglik, sal uit die klub verwyder word. Ons behou die reg om die kroeg te sluit en versoek dat die personeel die perseel ontruim indien ons reëls aanhoudend geïgnoreer word.
    5. GEEN alkoholiese drank mag uit die klub verwyder word nie.
    6. Framesby ondersteunersklub is ‘n rookvrye gebou. Rokers, wanneer buite gebou is, word gevra om geraas tot 'n minimum te beperk en om die perseel vry van stompies hou.
    7. Die hoofingang na die klubhuis moet vry van enige obstruksies gehou word.
    8. Die klub sal slegs oop wees tydens die volgende tye: 
                           Weeksdae:        Van 18h00 tot 21h00
                           Naweke:           Van 18h00 tot 23h00
                           Klub tye sal slegs verander indien vooraf gereël is met FOV bestuur.
    9. 'n Beampte of 'n lid van die FOV Komitee het die mag om enige person onmiddellike te verwyder van die perseel wat nie kragtens die reëls optree nie. Indien skuldig bevind word van wanoptrede kan so 'n lid reg van hertoetrede tot die Klub perseel of voordele van lidmaatskap ontneem word.
    10. Lede sal verwag word om 'n redelike standaard van kleredrag te handhaaf en sal onder geen omstandighede klere dra wat offensief teenoor ander lede van die klub kan wees nie.
    11. Lede kan gaste saambring na die klubhuis. Die lid neem volle verantwoordelikheid van die gaste.
    12. 'n Lid of hul gas(te), wat skade aan die eiendom van klub berokken, is ten volle verantwoordelik vir die vervanging of herstel van die skade.
    13. 13 Alle lede en gaste wat gebruik te maak van die fasiliteite op die Hoërskool Framesby se perseel, moet die privaatheid van die omliggende inwoners respekteer. Lede en gaste sal optree in 'n onopvallende wyse, veral wanneer jy en die perseel verlaat.
    14. 14 FOV verskaf nie sekuriteitmaatreëls nie en sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies of skade gely nie.
    15. 15 By voltooiing en ondertekening van die FOV lidmaatskapvorm, stem jy in om alle reëls en regulasies van FOV na te kom.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...