"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

GRONDWET

FRAMESBY ONDERSTEUNERS VERENIGING (FOV)

Datum geskep:  2016                                                       Datum verandering: September 2017


  1. STIGTING

Op ‘n vergadering aan die einde van 1998 is daar deur belangstellende ouers besluit om ‘n Ondersteuners vereniging te stig.  ‘n Sameroeper en twee persone is aangewys om hierdie vereniging te vestig, ander bestuurslede te benoem, ‘n grondwet op te stel  en daarna lede te werf.
Bogenoemde bestuur sal die vereniging bestuur tot en met die Algemene Jaarvergadering in September 2000.
 

  1. NAAM

Framesby Ondersteuners vereniging, hierna verwys te word as Framesby Ondersteuners.

  1. DOELWITTE

       3.1       Die vestiging en bevordering van die ondergenoemde eienskappe by lede :
       3.1.1    Betrokkenheid by alle skoolaktiwiteite.
       3.1.2    Om ‘n gesonde gees van samehorigheid onder lede te vestig.
       3.1.3    Hulpverlening aan personeel en skoliere waar moontlik.
       3.1.4    Om in samewerking met die skool fondsinsamelingsprojekte te loods.

  1. LIDMAATSKAP

       4.1       Die ondergenoemde persone kan registreer :
                        Huidige Ouers
                        Skoolpersoneel
                        Oud-Leerlinge
                        Oud-Ouers
                        Oud-Onderwysers
                        Enige belangstellende vriende van die skool

  1. REGISTRASIE VAN LEDE

       5.1       Registreer as lid deur die amptelike aansoekvorm te voltooi en die eenmalige registrasiefooi te betaal.
       5.2       Die registrasiefooi kan jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering hersien word.
       5.3       ‘n Aansoek om lidmaatskap moet vergesel word van die registrasiefooi.

  1. REGTE VAN LEDE

       6.1       Elke geregistreerde lid is geregtig op een stem tydens die Algemene Jaarvergadering asook tydens ‘n Spesiale Algemene Vergadering.
 

  1. GEDRAGSKODE

       7.1       Dit word verwag dat elke lid te alle tye onberispelike gedrag openbaar en ware sportmangees aan die dag sal lê. Die Bestuur behou hom die reg voor om enige lid wat hom/haar skuldig maak aan wangedrag van lidmaatskap te ontneem.
 

  1. VERPLIGTINGE VAN BESTUUR

       8.1       LEDE
            8.1.1    Die werwing van lede.
            8.1.2    Die Bestuur behou hom die reg voor om aansoeke om lidmaatskap te aanvaar of af te keur.
            8.1.4    Om voortdurend te poog om voordele vir lede te beding.
            8.1.5    Om rekord te hou van die besonderhede van alle lede.
            8.1.6    Om omsendskrywes oor alle aktiwiteite aan lede te stuur.
            8.1.7    Die reël van funksies vir lede.
 
       8.2       FINANSIES
            8.2.1    Om ‘n onafhanklike bankrekening te bedryf en te beheer.
            8.2.2    Die nodige boekhoustelsel te open en in stand te hou.
            8.2.3    Om fondse, volgens die goeddunke van die Bestuur, in die belang van die skool aan te wend.
            8.2.4    Om borge en/of donateurs, in samewerking met die skool, te betrek.
 
       8.3       ADMINISTRASIE
        8.3.1    Om waar moontlik die personeel behulpsaam te wees met skoolaktiwiteite.
        8.3.2    Die reël van ‘n Algemene Jaarvergadering gedurende September van elke jaar.
        8.3.3    Die reël van ‘n Spesiale Algemene Vergadering op versoek van die lede.
        8.3.4    Om, indien moontlik en op versoek van die skool, die spyseniering van funksies te behartig.
        8.3.5    Om ten minste kwartaalliks formeel te vergader met die nodig rekordhouding (agenda, notules).
        8.3.6   Om akkurate rekord te hou van voorraad in kroeg. 

  1. DIE BESTUUR

       9.1       Die eerste Bestuur is soos genoem onder punt een.
       9.2       Die Bestuurslede dien as koördineerders vir toegewyde take en mag enige lede koöpteer vir hulp met spesifieke take.

  1. SAMESTELLING VAN BESTUUR      

      10.1     Voorsitter
      10.2     Sekretaris
      10.3     Tesourier
      10.4     Verteenwoordiger van skool.
      10.7     Vyf addisionele lede.

  1. VERKIESING VAN BESTUUR

      11.1     Behalwe vir die eerste Bestuur soos genoem onder punt een, word die Bestuur elke twee jaar tydens ‘n Algemene Jaarvergadering verkies.
      11.2     In die geval waar meer as die vereiste getal kandidate benoem word, sal stemming by wyse van stembriewe geskied.
      11.3     In die geval van ‘n vakature wat ontstaan, sal die Bestuur die reg hê om ‘n lid te koöpteer tot die volgende Algemene Jaarvergadering.

  1. ALGEMENE JAARVERGADERING

        12.1        Daar sal ‘n algemene Jaarvergadering gehou word gedurende September met die oog op:
        12.1.1  Die bekragtiging van die vorige Algemene Jaarvergadering se notule.
        12.1.2  Die goedkeuring van die jaarverslag van die Bestuur sowel as die finansiële state van die afgelope jaar.
        12.1.3  Die verkiesing van ‘n Bestuur.
        12.1.4  Die kies van erelede, indien enige,
 
        12.2       Op die Algemene Jaarvergadering sal die voorsitter van die Vereniging, of in sy afwesigheid, ‘n ander lid van die Bestuur, wat as voorsitter waarneem, die beslissende stem hê.
        12.3       Stemming sal by wyse van die opsteek van hande of deur stembriefies geskied.  Waar dit om ‘n persoon gaan, moet gebruik gemaak word van stembriefies.

  1. SPESIALE ALGEMENE VERGADERING

     13.1     Dit word gehou ten einde dringende uitsluitsel oor sake te verkry.  So ‘n vergadering moet voorafgegaan word met 14 dae skriftelike kennisgewing aan alle lede.

  1. WYSIGING AAN DIE GRONDWET

      14.1     Die grondwet mag alleenlik gewysig word deur ‘n besluit geneem deur ‘n twee-derde meerderheid van die lede teenwoordig op ‘n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering.
 
      14.2     In geval van twyfel oor die betekenis of interpretasie van enige bewoording wat in die grondwet gebruik word, sal die Bestuur die finale arbiter wees.
 
Ons onderskryf die inhoud van hierdie
grondwet en verklaar ons lojaliteit teenoor
die Framesby Ondersteunersvereniging.
 
Geen skool kan sinvol funksioneer sonder die
Ondersteuning van sy ouerkorps, oud-
leerlinge en vriende nie.  Daarom wil ons ons
opregte waardering uitspreek vir die
aktiewe deelname van lede ten einde die
doelwitte van die vereniging te bereik.
 
Mag die Framesby Ondersteuners-
vereniging van krag tot krag gaan!
 
Die Skoolhoof en Personeel
 

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...