"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

sooispitseremonie vir astro hokkieveld!

BY M Snetler

Ná jare se praat en droom oor ‘n Astro vir Framesby, is dit bewaarheid. As alles volgens plan verloop, neem ons op 7 Desember 2019 die Astro in ontvangs en kan ons met groot afwagting op gelyke voet begin meeding.


Om die proses behoorlik af te skop, is daar op Maandag 29 Julie, ‘n paar sooie op die bestaande hokkieveld gespit. ‘n Hele paar eregaste het die geleentheid bygewoon en elkeen van hulle kon ‘n sooitjie spit. Gelukkig was die grond sag ná die lekker reën van die afgelope tyd!


Onder die eregaste was mnre. Johan Kritzinger en Jan Stroebel, twee van ons voormalige skoolhoofde. Baie dank is verskuldig aan almal wat oor die jare help bou het aan hierdie wonderlike skool en hulle kon met groot trots deel hê aan die volgende hoofstuk in ons geskiedenis. Die Departement van Onderwys is deur mnr. Gorgonzola, die Distriksdirekteur, sowel as mnr. Pierre Stofberg, ‘n Kringbestuurder verteenwoordig.


Mag hierdie projek net verder bydra tot die uitbou en groei van die Framesby-familie en ons almal hegter saambind. Dis opwindende tye wat voorlê en ons sien uit na ‘n blink hokkie-toekoms.

 August 05, 2019
Comments (0)
Hokkie
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...