"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

ryan behaal top 16 by nasionale toneelspelkompetisie

BY M Snetler

Nasionale Toneelspelkompetisie in Kaapstad
6 Leerders het van 19 - 22 Mei onder leiding van Mevv. Potgieter en Basson na Kaapstad getoer om by die Artscape teater aan die eindrondtes van hierdie landswye kompetisie deel te neem. Ons is baie trots daarop dat ons die enigste skool uit die Oos-Kaap was. 28 Hoërskole en dramaskole, meestal uit Gauteng en die Wes-Kaap is verteenwoordig deur die Top 85. Vir die eerste rondte van die finaal moes leerders 'n monoloog en improvisasie doen. Al 6 leerders het ons baie trots gemaak, maar ongelukkig kon slegs Ryan O'Ehley na die Top 32 deurdring. Volgende was dit elkeen se
prosa en poësie tekste en Ryan het ons baie trots gemaak deur te vorder na die Top 16. Hierdie 16 leerders is verder uitgedun deur radio- en televisie oudisies te doen by RSG en die Suidooster ateljee waarna die Top 8 aangewys is wat Saterdagaand hulle konsertprogramme moes opvoer in die groot teater. Ryan het ongelukkig hier uitgeval, maar is gekies om later in die jaar aan 'n verhoogproduksie saam met die drie wenners deel te neem. Ons is ook saam met Framesby alumni Lindie Strydom (néé Van Eeden) trots op haar seun, Paul Strydom, wat die kompetisie gewen het. Die toer was 'n heerlike ervaring en ons het soos toeriste gevoel
op Kaapstad se MyCiti publieke vervoerstelsel. Ons het ook die voorreg gehad om Donderdagaand *Blood Knot* by die Baxter teater te gaan kyk en na die tyd met Francois Jacobs te gesels. Framesby drama is besig om te groei en ons sien uit daarna om wat ons hierdie jaar geleer het, volgende jaar te gaan toepas.

 May 27, 2022
Comments (0)
Kultuur
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...