"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

FRAMESBY OUDSKOLIERE (FOS)

BY Ben Fouche

‘n Paar van ons oudskoliere, Deleon van Rooyen (Klas van 1990), Hannes van Vuuren en sy vrou Barbara (beide Klas van 1991), en ek het gedurende 2019 bymekaar gekom en besluit om die inisiatief te neem om die Framesby Oudskoliere Vereniging op die been te bring. Ons al vier is trots dat ons deel was van die wonderlike geskiedenis van die skool en is steeds passievol oor die Hoërskool Framesby. Hierdie passie en trots kan duidelik gesien word in die pragtige wapen wat Deleon vir FOS ontwerp het. Ek is seker dat almal sal saamstem dat dit ‘n uitstekende ontwerp vir ons is!!!


Met die ondersteuning van mnr. Germishuys, Framesby se skoolhoof, en sy personeel, het ons ‘n
stigtingsvergadering vir Oktober 2019 gereël . Gedurende die vergadering is ons vier verkies tot die
FOS-Komitee.
Ons doelwit vir FOS is soos volg:
• Om alle oud leerlinge, vanaf 1970 tot nou, betrokke te kry by FOS. Sodoende kan ons ‘n sterk en aktiewe sosiale en professionele netwerk skep;
• Om ‘n aktiewe bydrae tot die ontwikkeling van die Hoërskool Framesby en die leerders van die skool op alle gebiede te lewer.


Baie het reeds gevra wat bedoel word met ‘n professionele netwerk. Ons doelwit hier is dat ons as
oud-leerders mekaar op ‘n professionele vlak sal ondersteun. Ons wil ‘n platvorm skep waar oudskoliere hul besighede kan adverteer, waar in Suid-Afrika hulle ookal is, en dat ons hulle dan ondersteun. Dit kan dan amper dien as ‘n “Geelbladsye” van besighede en dienste wat deur oud-leerlinge besit/bestuur word. Verder in die toekoms sal ons graag ‘n elektroniese Toep wil ontwikkel, waar FOS-lede hul besighede en dienste kan adverteer. Ons wil ook lidmaatskap inligting en nuus so versprei. Ons moet egter eers kruip voor ons kan hardloop, maar ons glo dat die toekoms van FOS blink is. Die sosiale netwerk is natuurlik maklik om te verduidelik – ons wil ‘n tuiste vir oudskoliere skep om bymekaar te kom en ou vriende te ontmoet en nuwe vriende te maak. Ek verstaan dat die nuwe klubhuis van die Framesby Ondersteunersvereniging amper voltooi is. Dit sal in April 2021 amptelik geopen word.
Ons wil graag die klubhuis as ons tuiste sien waar ons op Vrydaeaande gesellig bymekaar kan kom. Hierdie initiatief word in ons vrye tyd bestuur. Almal weet dit sal dit nie ‘n sukses kan wees sonder die hulp en ondersteuning van die oudskoliere nie. Ons vra dus elke oud-leerling om hulle besonderhede aan die skool te stuur by die volgende e-posadres - fos@framesby.co.za.
Dit sal ons en die skool help om oud-leerlinge op hoogte te hou van alle verwikkelinge en funksies van die skool en FOS. Ons is ook oop vir enige voorstelle. Kontak ons direk op Facebook Messenger. Ons sal enige insette opreg waardeer.
Hou asseblief die FOS Facebookbladsy en die Fakkel-Flitse vir nuus oor FOS en ons eerste sosiale kuier van 2021 in April dop. Daar sal ook later in die jaar ander geleenthede gereël word, ons sal julle op hoogte daarvan hou. Baie dankie vir julle almal se belangstelling en ondersteuning. Ek glo en vertrou dat ons saam ‘n groot sukses van FOS gaan maak.

 March 19, 2021
Comments (0)
Algemeen
Ben Fouche

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...