"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Landloop-atlete neem die tuinroete op horings

BY W Rauch

Die jaarlikse landlooptoer na die Suid-Kaap het al ‘n instelling geword en vanjaar het ‘n groep van 34 atlete gedurende die vakansie na George en Knysna getoer waar hulle aan verskeie wedlope deelgeneem het. Hulle het in George begin waar hulle aan ‘n 5 km- en ‘n 10 km-wedloop deelgeneem het. Daarna het hulle in Knysna aan ‘n landloopbyeenkoms, ‘n straatmyl, en ‘n wedloop oor 5 km deelgeneem. Skole van oor die hele Suid-Afrika het deelgeneem en ons atlete het oudergewoonte baie goed presteer. In die George 5 km was IP van der Merwe algeheel 3de in die seuns- en mansafdeling, terwyl Anja Webber ook 3de was in die dogters- en vroue-afdeling. Bjorn Ferreira het tydens die landloopbyeenkoms die O/17-afdeling gewen en in die proses afgereken met die Wes-Kaap-kampioen! In die straatmyl het Bjorn weer uitgeblink deur 1ste te eindig van al die seuns met De-Leon Strydom wat die derde plek algeheel losgehardloop het. In dieselfde wedloop het Karla Scheffer 3de klaargemaak in die dogtersafdeling.

 July 23, 2018
Comments (0)
Atletiek
W Rauch

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...