"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRAMESBY DOMINEER SOOS OUDERGEWOONTE DIE PE-HOËRSKOLE KAMPIOENSKAPPE

BY M Snetler

Hoërskool Framesby se atlete het Vrydag en Saterdag by die PE-Hoërskole Kampioenskappe
gewys waarom hul as die beste in die Oos Kaap beskou word. 96 atlete het eerskomende Saterdag
vir die Metro Kampioenskappe gekwalifiseer.
Topprestasies
Lincoln Kunneke het die beste prestasie vir die dag gelewer met sy uitstekende afstand in die S/15
hamergooi waarin hy 903 APE-Tabel punte behaal het. Stefan Boshoff (S/15, 1500m Hindernis) en
Dallian Oerson (S17, 1500m) het ook uitstekende prestasies gelewer wat onder die Top 10
prestasies vir seuns was vir die byeenkoms.
Juané Deysel het die 2e beste prestasie vir dogters op die APE-Tabel gelewer met 881 punte vir die
90m hekkies. Karli Janse van Rensburg (D14, 90m Hekkies) en Esri le Grange (D/16 Hamergooi) het ook uitstekende prestasies gelewer wat onder die Top 10-prestasies vir dogters was vir die
byeenkoms.
Rekords
7 van die 12 nuwe rekords wat verbeter is tydens die byeenkoms is deur Framesby atlete gedoen.
Spesiale vermelding vir Kayden Thoressen wat twee rekords verbeter het.
Die volgende atlete het rekords verbeter:
• Esri le Grange, D16, Hamergooi, 40.89m
• Karli Janse van Rensburg, D14, 90m Hekkies, 14.56
• Juané Deysel, D15, 90m Hekkies, 13.68
• Karli Louw, D14, 3000m, 12:14.30
• Tiané Slabbert, D15, Paalspring, 2.60m
• Kayden Thoressen, S15, Paalspring, 3.75m
• Kayden Thoressen,, S15, Driesprong, 12.41m.
Top 3
1e plek - 58
2e plek - 33
3e plek - 38

 February 23, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...