"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

atletiek; top tien kwagga-byeenkoms

BY M Snetler

Framesby-atlete het die afgelope naweek aan die Kwagga Top Tien in George deelgeneem. Die beste atlete
van 35 skole oor die hele Wes- en Oos-Kaap het aan die byeenkoms deelgeneem. Daar het ongeveer 1 200
atlete aan die byeenkoms deelgeneem.
Framesby-atlete is by hierdie byeenkoms aan die strafste kompetisie moontlik blootgestel. Daar het tussen 20
tot 40 atlete aan een item deelgeneem. Hoewel party atlete hul persoonlike beste tyd opgestel of afstand
behaal het, kon hul nie onder die eerste 8 atlete eindig nie- net die eerste 8 plekke het punte op die
APE-tabelle verdien.
Zanri Black (do.17) was die ster van die Framesby-atletiekspan. Sy het twee eerste plekke behaal asook 2
nuwe rekords opgestel, naamlik in die 400m en die 400m hekkies.
Christelle Stander (do.15) het onder die eerste 8 atlete in al haar drie items geëindig, naamlik in die spiesgooi,
diskus en gewigstoot.
Framesby het 16 medaljes veorwer:
Goue medaljes:
1. Zanri Black (do.17) in die 400m en 400m hekkies.
2. Mienke Deysel (do.17) in die spiesgooi
3. Zander van Eyk (so.19) in paalspring.
Silwer medaljes:
4. Damien Witbooi (so.15) in die 100m hekkies en driesprong (ook vierdie plek in die driesprong)
5. JJ de Lange (so.15) in paalspring
6. Esri le Grange (do.14) hamergooi
7. Jana Terblanche (do.17) hamergooi
8. Hugo Nöthnagel (so.17) 400m hekkies
Brons medaljes:
9. Shaun-Michael Scharneck (so.17) spiesgooi
10. Anri van Zyl (do.17) 100m en 200m
11. Inge van Eyk (do.16) paalspring

 October 28, 2022
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...