ATLETE VAAR GOED BY OOS-KAAP KAMPIOENSKAPPE
March 16, 2020 | BY M SnetlerOOS-KAAPKAMPIOENSKAPPE IN CRADOCK
Framesby het oor drie dae aan die Oos-Kaapkampioenskappe deelgeneem. Die bloedige hitte in Cradock was vir baie atlete 'n uitdaging.
Die volgende atlete het eerste plekke behaal: Zanri Black (dogters /15 - 300m hekkies), Wehan Smith (seuns /17 - 800m), Simone Louw (dogters /14 - 800m), Hanniska van Vuuren (dogters 0/17- paalspring), Tiaan Erskine (seuns 0/19 - hamergooi), Michael Spinks (seuns 0/17- 110m hekkies) en Ruzanne du Randt (dogters 0/14- hoogspring).
Die volgende atlete het tweede plekke behaal: Zanri Black (dogters 0/15 - 400m), Anri van Zyl (dogters 0/15 - 90m hekkies), Casey van der Berg (seuns 0/17- hamergooi), Karla Strydom (dogters 0/15- hoogspring), Jana Terblanche (dogters 0/15 - hamergooi), Jaco Pretorius (seuns 0/15 - diskus), Schalk Stroebel (seuns 0/15 - paalspring) en Mienke Deyzel (dogters 0/15 - spiesgooi).
Die volgende atlete het derde plekke behaal: Anri van Zyl (dogters 0/15 - 100m), Logan Muller (seuns 0/15- 1500m hindernis), Hugo Nothnagel (seuns 0/15- driesprong), Trischke Stapelberg (dogters 0/17- 100m hekkies) en Zander van Eyk (seuns 0/17- paalspring).
Ander uitslae soos volg: Leolin Peterson (vierde plek dogters 0/14 - verspring), Anel Strauss (vyfde plek - dogters 0/15- 1500m hindernis), Gerhard Venter (vyfde plek - seuns 0/17- 2000m hindernis), Ilze Hattingh (sesde plek - dogters 0/16- 1500m hindernis) en Juwan Wium (tiende plek - seuns 0/14 - 3000m).
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"