"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE

BY M Snetler

FRAMESBY WYS HUL STAAL BY SA SKOLE ATLETIEK-KAMPIOENSKAPPE
Hoërskool Framesby se atlete het 6 medaljes by die afgelope SA Skole Atletiek-Kampioenskappe in die Paarl verower, waaronder 1 goud, 1 silwer en 4 brons medaljes. Die paalspringgroep onder leiding van die bekwame afrigting van Juan van Eyk het uitmuntend presteer en 1 goud en 3 brons medaljes verower. Dis voorwaar ‘n
merkwaardige prestasie en dit is ‘n bewys dat harde werk beloon word.
Kayden Thoressen, S/15, het die medalje aanslag gelei met ‘n goud en ‘n silwer medalje in onderskeidelik die paalspring (4.00m) en die driesprong (13.00m). Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat hy altwee items op presies dieselfde tyd moes doen, en dat hy net 3 pogings by die driesprong gehad het.
Die ander uitblinker van die byeenkoms is Lincoln Kunneke, S/15, wat ‘n brons medalje in die hamergooi (54.02m) en twee 7e posisies behaal het in onderskeidelik die diskus en gewigstoot items. Lincoln se hamergooi prestasie was ook die 43ste beste vertoning vir die kampioenskappe onder al die items. Sy poging van 54.02m het aan hom 949 punte op die APE-tabel besorg.
Die ander brons medalje wenners is Zack Slabbert, S/15, wat ‘n persoonlike beste van 3.40m gespring het in die paalspring item. JJ de Lange, S/17, en Inge van Eyk, D/19, het ook brons medaljes behaal in hul onderskeie paalspring items, met hoogtes van 3.80m en 2.50m.
Die res van die atlete het as volg presteer:
6e - Tiané Slabbert - D/15 - Paalspring (2.40m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Diskusgooi (49.66m)
7e - Lincoln Kunneke - S/15 - Gewigstoot (14.50m)
11e - Juané Deysel - D/15 - Verspring (4.84m)
13e - Esri le Grange - D/17 Hamergooi (38.60m)
Uitdun - Juané Deysel - D/15 - 90m Hekkies (15.27s)
Bjorn Visser - S/15 - Hamergooi (NM)

 April 15, 2024
Comments (0)
Atletiek
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...