"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Interhuis atletiek

BY Fanie Marais

Die Interhuis atletiek byeenkoms is die grootste atletiek byeenkoms van die jaar by Hoërskool Framesby in Port Elizabeth. Die wedywering tussen die twee huise naamlik Huis Vis en Huis Krit bied die geleentheid aan al die leerders om aan die kompetisie deel te neem. Vanjaar se byeenkoms is deur Huis Vis gewen wat die Atletiek Beker gewen het, terwyl beide huise die Aankoms beker verower het en Huis Krit die Sangbeker gewen het.


Altesaam 12 rekords is vebeter. Die atlete se nuwe rekords is; Ayden Schoeman seuns o-16 paalspring 3,2 meter, Dylan Opperman seuns o.17 paalspring 2,3 meter, Anri van Zyl dogters o.14, 100 meter 13.2 sekondes, Karla Strydom dogters o.14 hoogspring 1,46 meter, Mienke Deysel dogters o.16 spiesgooi 24,69 meter (die rekord is ook deur Leila Nel en Jenna O’Heley verbeter). Huggo Notnagel seuns o.14 driesprong 10,64 meter, Monique van Rooyen dogters o.16 spiesgooi 36,5 meter, Conrad Dames seuns o.15 driesprong 11,45 meter, Johan van Biljon het twee rekords verbeter naamlik seuns o.17 diskus 46.06 en seuns o.17 gewigstoot 15,40 meter, Ivan Slabbert seuns o.17 verspring 6.35 meter, Tiaan Erskine seuns o.17 hamergooi 58,65 meter.


Die 5 seuns wat die meeste punte ingesamel het was IP van der Merwe 67 punte, Hugo Notnagel 62 punte, Gerhard a Venterr 50 punte, Julien Baard 45 punte en Wehan Smith 37 punte. Die dogters wat die meeste punte ingesamel het was Melissa Hamilton 49 punte, Monique van Rooyen 48 punte, Kara van Heerden 42 punte, Charlize Els 37 punte en Melissa Els en Karla Scheffer 35 punte.


Die Senior Victor Ludorum Beker is gewen deur Ivan Slabbert, die Senior Victrix Ludorum is gewen deur Caylin Scheepers, die Junior Victor Ludorum is gewen deur Gerhard Venter en die Junior Victrix Ludorum is gewen Zanri Black.

 January 23, 2019
Comments (0)
Atletiek
Fanie Marais

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...