tIAAN MAAK ONS TROTS!
January 20, 2020 | BY M SnetlerTiaan de Beer, Graad 10A, het die afgelope vakansie (3 to 8 Januarie 2020), die Oostelike Provinsie onder die vaandel van Nelson Mandela Bay Chess Union (NMBCU) verteenwoordig by die jaarlikse Nasionale Skaakkampioenskappe in Boksburg, bekend as die SAJCC (South African Junior Chess Championships).
Sedert 2013 het hy die NMBCU reeds 6 maal verteenwoordig by hierdie jaarlikse toernooi waartydens die onderskeie streke in die land op nasionale vlak meeding. Tiaan het vir die onder 16 A span (bord 9) in die A-afdeling gespeel. Hulle afdeling het dus bestaan uit die 8 beste onder 16 spanne in die land. Hulle het 7 rondtes in round-robin formaat gespeel.Die span het 5de geëindig, waarop ons baie trots is. Tiaan het ‘n goeie bydrae gelewer deur 4 uit 7 rondtes te wen (die 2de hoogste hoeveelheid punte behaal van die spelers in sy span).
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"