"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

oud-leerders maak ons trots

BY M Snetler

Ons neem graag met groot trots kennis van die prestasies van ons oud-leerders, en het aan die einde van verlede jaar die ongelooflike nuus verneem dat altesaam SEWE van ons oud-leerders wat aan die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch studeer het, hul grade ontvang het.
Drie van hulle, Sorika Tait, Lizelle van Wyk en Shaun Slabbert, het almal die graad MB. ChB. verwerf het, waarmee hulle as mediese dokters gekwalifiseer het. Sorika was in 2012 ons hoofdogter.


Om alles te kroon, het VIER oud-leerders hul grade ontvang waarmee hulle gekwalifiseer het as mediese spesialiste. Hulle is Annemie Breedt, wat in Anaesthesiologie (Narkose) gespesialiseer het, Dirk Coetzee, wat ook as Narkotiseer gespesialiseer het, Maarten Potgieter, wat sy graad Cum Laude geslaag het en as Ortopediese Chirurg gespesialiseer het, en Pieter Spies, wat as Uroloog gespesialiseer het. Pieter was ons hoofseun in 2000.
Ons is ongelooflik trots op hierdie oud-leerders wat Framesby se nalatenskap op hierdie besondere uitleef. Baie geluk! Ons verneem graag van ander oud-leerders wat aan ander universiteite en fakulteite presteer het en gegradueer het.
Op die foto regs verskyn Annemie, Dirk, Pieter en Maarten.

 February 25, 2019
Comments (1)
Oudskoliere
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...