"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

ONS GESELS MET:
Kobus de Swardt en Johan Swart

BY M Snetler

ONS GESELS MET:
Kobus de Swardt en Johan Swart
In 1973 stap ‘n jong Jacobus Casparus de Swardt (Kobus) in standard 6 Framesby binne. Gereed om verder gevorm te word tot ‘n man waarin baie mense later ‘n enorme vertroue sou hê. In 1977 matriekuleer hy, min wetende dat nog ‘n Framesby alumni en latere vennoot in dieselfde jaar gebore is. Johan Gideon Swart voeg hom in 1990 by die Framesby geskiedenis en matrikuleer in ’94. Beide ondergaan opleiding in aptekerswese in Port Elizabeth en beide vind na ‘n klein ompad hul voete by Linton Grange Apteek; eers as intern-aptekers en daarna as volwaardige aptekers.
Linton Grange Apteek bestaan al sedert 1958. Sedert 2004 is dit ‘n plek wat as te ware deur twee Framesby produkte beman word. Dit is ‘n gemaklike plek waar elke “walk of life” sy stukkie “antwoord” oor gesondheidsorg kan kry. Dit is ‘n familie-apteek, waar baie generasies al deurgestap het (party vanaf die heel begin).


Kobus is nog al die jare met Annelize getroud en het saam ‘n dogter Ilze. Hulle het al grootouer-status so twee jaar delede bereik. Ten spyte van hul nuwe titel is hulle egter nog baie fiks op hul fietse.


Johan en sy vrou, Janine, is nog nie op daardie “vlak” nie, maar hul drie kinders is vir hulle ‘n absolute seën en vreugde! Linton Grange Apteek is daarop gemik om jou lewe ‘n bietjie makliker te maak. Ons hou van opregte, wetenskaplik gebaseerde, gesonde aptekerswese. Ons vind eer daarin om jou vertroue te verdien en hierdie bande te koester

 April 23, 2021
Comments (0)
Oudskoliere
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...