Trinity Musiekeksamen
July 13, 2020 | BY M Snetler
Op 15 Mei vanjaar het Wiehahn de Lange sy Trinity graad 5-klaviereksamen afgelê. As gevolg van die internasionale reisverbod, is leerlinge wat vir Trinity musiekeksamens ingeskryf het voor die keuse gestel om hul geld terug te vra óf die eksamen digitaal af te lê. Wiehahn het besluit om steeds die eksamen af te lê, hoewel hy op daardie stadium reeds vir 5 weke slegs afstandonderrig ontvang het. Hy het die mooi prestasie van 77% vir die eksamen behaal, wat beteken hy het met meriete geslaag. Baie geluk, Wiehahn!
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"




