musiekleerders maak ons trots!!
October 04, 2019 | BY M SnetlerVier van ons musiekleerders het puik uitslae in die Royal Schools musiekeksamen behaal: Heila Oosthuizen 91% vir klavier graad 2 (onderskeiding), Carla Gouws 85% vir dwarsfluit graad 5 (meriete), Elmien Hartslief 81% vir dwarsfluit graad 3 (meriete) en Micaela Meyer 82% vir dwarsfluit graad 2 (meriete). Nog drie van ons musiekleerders, Incke Conradie, Natasha Labuschagne en Nadine Botes, het tydens die Septembervakansie aan die Oos-Kaap Jeugblaasorkes deelgeneem. Leerders moet op 'n minimum graad 4-vlak wees om 'n oudisie vir die orkes af te lê. Ná 'n week van baie harde werk, het die orkes Sondag 'n puik konsertuitvoering in die NMU Suid-Kampus ouditorium gelewer. Ons hoop dat nog meer orkeslede in die toekoms van hierdie geleentheid gebruik sal maak.
Leave a comment
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"
![Nec-eastcapesmall Nec-eastcapesmall](../../../../images/losless/2194/320/nec-eastcapesmall.jpg)
![Klinicare-logo Klinicare-logo](../../../../images/losless/2195/320/klinicare-logo.png)
![Vox-green-logo-vector-1 Vox-green-logo-vector-1](../../../../images/losless/2348/320/vox-green-logo-vector-1.png)
![Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom](../../../../images/losless/2197/320/puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom.png)
![Sunridge-superspar Sunridge-superspar](../../../../images/losless/2198/320/sunridge-superspar.png)
![IT Design IT Design](../../../../images/itdesignlogo.png)