"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Musiek is hul forte

BY M Snetler

Dit was bedrywig op die musiekfront die afgelope twee weke. Die orkes het op 31 Augustus by Arbitrio mannekoor se familie-konsert opgetree. Hulle was goed ontvang en die gehoor was veral gaande oor juf. Roodt se verwerking van ‘n 50’s keurspel met onder andere Jailhouse Rock en Peppermint Twist.


Die Fresco sanggroep het op Vrydag, 30 Augustus by Sunridge Village opgetree as deel van Thandi bloemiste se 25ste verjaarsdagvieringe. Winkelbesoekers was aangenaam verras deur die pragtige lewendige vermaak.


Twee van ons leerders het aan die Trinity musiekeksamens deelgeneem op 23 Augustus en uitstekende resultate behaal. Lara Strauss het 92% gekry vir Graad 3 tenoorsaksofoon en Incke Conradie het 84% vir klarinet Graad 4 gekry.


Incke het ook op 30 Augustus deelgeneem aan die SASMT musiekkompetisie in die kategorie vir hoërskool soliste. Sy het ongelukkig nie na die finaal deurgedring nie. Sy is wel saam met Nadine Botes (dwarsfluit) en Natasha Labuschagne (tromboon) gekies vir die Oos-Kaapse Jeugblaasorkes. Hulle sal tydens die September-vakansie oefen vir die konsert wat op Sondag 29 September sal plaasvind. Baie geluk en sterkte aan hierdie drie leerders.


Verder het die volgende vier musiekleerders hierdie week die Royal Schools musiekeksamen afgelê: Heila Oosthuizen, Carla Gouws, Elmien Hartslief en Micaela Meyer. Ons glo dat dit baie goed gegaan het en hoop om spoedig die uitslae bekend te maak.


Vrydagaand 6 September is dit die Oos-Kaapse Jeugkoor se Prestige konsert by NGK Somerstrand. Ses van ons leerders is lede van die Jeugkoor en juf. Strydom tree ook as hul begeleidster op. Enige iemand is welkom om die konsert by te woon wat om 18:30 begin.

 September 06, 2019
Comments (0)
Kultuur
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...