"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

landsdienskamp

BY M Snetler

Opleidingskamp te Skietfontein Vier en twintig leerders en vier onderwysers het van 3 tot 5 Oktober ? opleidingskamp by Skietfontein naby
Somerset-Oos bygewoon. Die kamp se doel is om leerders op te lei vir toekomstige projekte. Ons het
Maandagoggend vroeg vertrek en net na 10 vm het ons met veldkuns begin.
Bome soos noem- noem, ghwarrie, wildepruim en karee is aan leerders gewys. Perdry het gevolg en
bokdrolspoeg is gedoen. Na middagete is daar hemelhoog geswaai. Laatmiddag het ons geleer van
wapenhantering en veiligheid. ‘n Paar skote is geskiet en die aandprogram het gevolg. Dinsdag is afgeskop
met vlagparade. Na ontbyt het absail gevolg. Onder die leiding van twee bekwame instrukteurs het die
leerders die toring getakel. Na middagete is modderbane gedoen en het ons in die plaas se sementdam
geswem. Later het ons paintball gespeel en ? paar bloukolle opgedoen.
Elke groepie het bestanddele gekry en moes hul eie potjiekos maak. Die leerders het daarna gesokkie en
lyndanse gedoen. Almal was vroeg in die bed. Woensdag het ons net na 9 vm vertrek. Die vier liefdes van
die Landsdiens is tydens die kamp ten volle uitgeleef. Die Liefdes is:Liefde vir die Natuur, Medemens, Arbeid
en Skepper.

 October 14, 2022
Comments (0)
Kultuur
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...