"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

TIAAN EINDIG TWEEDE IN LANDSWYE WISKUNDE KOMPETISIE

BY M Snetler

Tiaan de Beer (graad 10A) het onlangs aan die MobitutorZA Wiskunde kompetisie deelgeneem. Die kompetisie word deur Nelson Mandela Universiteit se Govan Mbeki Mathematics Development Centre (GMMDC) georganiseer. Dit is 'n nasionale wiskunde kompetisie en Tiaan het vir Hoërskool Framesby verteenwoordig. Hy het 'n tweede plek landswyd in die graad 10 afdeling behaal.  Wiskunde Kompetisies / Olimpiade waaraan Tiaan in 2020 deelgeneem het:
1.South African Mathematics Olympiad (SAMO)
- Tiaan is vanjaar in die senior groep opgeneem (graad 10 tot 12 leerders).
- 95% in SAMO rondte 1, waar hy, as graad 10 leerder, meegeding het teen leerders in graad 10 tot 12.
- Tweede plek in die Oos-Kaap in SAMO rondte 2 en eindig onder die nasionale top 100 leerders.
- Deurgedring na SAMO rondte 3 (Finale rondte).
- Gekies as kaptein vir die Siyanqoba Nelson Mandela Baai 1ste span, wat deelgeneem het aan die SAMO Spankompetisie.
- Sy span eindig onder die top 20 spanne landswyd (19de uit 81 spanne landswyd).
- Tweede geplaas in die individuele kompetisie (slegs drie punte wat hom van die top leerder geskei het).
Baie geluk Tiaan!

 November 19, 2020
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...