"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Kara behaal 2de plek in landswye Wiskunde-Kuns kompetisie

BY M Snetler

Ons is baie trots op Kara van Heerden (een van Framesby se top Gr12 Wiskunde leerlinge) wat verlede kwartaal ‘n tweede plek in ‘n landswye Wiskunde-Kuns kompetisie behaal het in die afdeling “Wiskunde in die natuur”.


Kara beskryf die betekenis van haar kunswerk, “The functions of a zebra”, kortliks so:
‘n Sebra se swart en wit strepe skep die idee van vasgevangenheid (asof in ‘n tronk). Dit beeld dus uit hoe jy voel as jy nie ‘n Wiskunde som verstaan nie. In die tekening raak die sebra se strepe al hoe ligter en rafel op die einde uit. Die betekenis daaragter is dat as jy na ‘n Wiskunde probleem kyk, dit ingewikkeld kan lyk, maar sodra jy dit begin uitwerk, begin die probleem “ontrafel”. Jy begin dan goed raaksien (soos ‘n sirkel wat te doen het met “pi”). Die vier bene wat ontrafel beteken dat daar nie altyd net een manier is om ‘n som uit te werk nie, maar verskeie ander opsies.


Veels geluk Kara, met hierdie uitmuntende prestasie!

 July 26, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...