"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Framesby Wiskundiges Presteer

BY M Snetler

Drie leerders van Hoërskool Framesby is onlangs vereer by die Siyanqoba Wiskunde ProbleemoplossingsPrysuitdelingsfunksie wat 7 Februarie 2020 by Algoa College plaasgevind het.
Toekennings is gemaak op grond van prestasies wat leerders verlede jaar tydens Wiskunde Olimpiades en Wiskunde spankompetisies behaal het en spesifiek ook hul vermoë om probleme op te los.
In die junior afdeling is Tiaan de Beer (verlede jaar Gr 9) as die top leerder (eerste posisie) in die 2019 Siyanqoba opleidingsgroep in Port Elizabeth aangewys en Carla Kruger (verlede jaar Gr 8) as die derde beste junior.
In die senior afdeling het Tiaan Bouwer ‘n derde plek behaal. Vir hom is dit veral ook ‘n uitsonderlike prestasie aangesien hy as Gr 10-leerling teen Gr 11’s en G12’s moes kompeteer. Siyanqoba is ‘n opleidingsprogram van die SAMF wat fokus op probleemoplossing – gerig op Wiskundig begaafde leerders wat gereeld aan Wiskunde Olimpiades deelneem. Framesby is baie trots op dié leerders en sien uit daarna om te sien hoe hulle tydens 2020 gaan vaar.

 February 21, 2020
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...