"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

framesby-leerders wen landwye kompetisie

BY M Snetler

Die LO-departement van Hoërskool Framesby is baie trots op twee graad 11C- leerders. Danielle du Preez en Kayleigh Erasmus het ‘n landwye kompetisie met hul LO-taak-inskrywing gewen. Hoërskool Framesby het sedert Julie 2022 by die “teenactiv” LO-program aangesluit.
Voorts het die graad 11’s hierdie kwartaal die projek van “teenactiv” as assesseringstaak gedoen. Die opdrag was om ‘n bewusmakingsveldtog teen geslagsgebaseerde geweld in die gemeenskap te ontwerp en te loods. Leerders het die keuse gehad om hul taak dan vrywillig vir ‘n landwye kompetisie in te skryf. Kayleigh en Danielle het ingeskryf en is as wenners aangekondig. Hulle het die eerste prys uit 450 inskrywings verwerf. Ons as skool is sommer baie trots op hul projek van uitstaande gehalte en die besondere prestasie. Die feit dat hul eie inisiatief geneem het om in te skryf en boonop ‘n taak van hoogstaande gehalte gelewer het, is
bewonderenswaardig. Baie geluk namens die Framesby-gemeenskap.
Hul projek se titel is: DRAFSTAP geweld teen vroue en kinders DISNIS. Ons plaas die skakel om die projek op Instagram te besigtig.
https://www.instagram.com/draf.stapteengeweld

 September 23, 2022
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...