"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRAMESBY-DEBATSPAN SKITTER BY ATKV

BY M Snetler

Framesby het meegeding teen die volgende skole; Hoërskool Durbanville, Hoërskool DF Malan, Hoër Meisieskool Bloemhof, Ooskus Gimnasium, Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua en Hoërskool Langenhoven. Baie van dié skole het meer as een span ingeskryf en Framesby is die enigste skool uit die Oos-Kaap wat deurdring het. Framesby se junior debatspan met Minette van Zyl, Jemima Oosthuizen en Jani van Heerden het op 7 Junie aan die semi-finaal van die ATKV-debatkompetisie in Stellenbosch deelgeneem. Hulle vaar uitstekend – nie net wen hulle hul debat teen Hoër Meisieskool Bloemhof nie, maar eindig ook tweede van die spanne wat op die dag meegeding het. Hulle dring dus deur na die nasionale finaal van die kompetisie. Ons is uiters trots op hierdie drie leerders se groot prestasie en sien uit na wat hulle in die finaal gaan vermag. Dit vind in Augustus by die ATKV-Goudini Spa plaas.
RANGLYS VAN TOP 10 SKOLE
1. PAUL ROOS GIMNASIUM
2. HOËRSKOOL FRAMESBY
3. HOËRSKOOL DURBANVILLE A
4. HOËR MEISIESKOOL BLOEMHOF A
5. HOËRSKOOL DURBANVILLE B
6. HOËRSKOOL PUNT A
7. HOËRSKOOL DF MALAN
8. HOËRSKOOL PUNT B
9. HOËR MEISIESKOOL BLOEMHOF B
10. HOËR MEISIESKOOL BLOEMHOF C

 June 13, 2025
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...