"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRAMESBY ATLETE SKITTER BY OOS-KAAP EN -OP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE

BY M Snetler

FRAMESBY ATLETE SKITTER BY OOS-KAAP EN -OP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE
Die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe het van 7-9 Maart in Queenstown plaasgevind. Hoërskool Framesby het die meeste atlete van enige skool in die Metro-span met 21 atlete gehad. Die atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en briljante resultate opgelewer. Nie minder as 4 Oos-Kaap rekords is gebreek deur die talentvolle groep atlete nie. Ons moet spesiale vermelding maak van Kayden Thoressen wat die S/15-Paalspring en Driesprong rekords verbeter het. Inge van Eyk en Tiané Slabbert het die D/19 en D/15 Paalspringrekords verbeter. Nog uitblinkers was Lincoln Kunneke wat 3 goue medaljes verower het, sowel as Kayden Thoressen en Karlie Janse van Rensburg wat elk 2 goue medaljes ingepalm het.
Die volgende statistiek vorm deel van Hoërskool Framesby se uitslae:
• 21 Atlete
• 4 Oos-Kaap rekords
• 12 Goue medaljes
• 9 Silwer medaljes
• 2 Brons medaljes
Individuele prestasies:
Goue medaljes:
• Karlie Janse van Rensburg - D/14 90m Hekkies en 300m Hekkies
• Micaela Potgieter - D/14 Paalspring
• Tiané Slabbert - D/15 Paalspring (Verbeter rekord van 2.20m na 2.55m).
• Juané Deysel - D/15 Verspring
• Inge van Eyk - D/19 Paalspring (Verbeter rekord van 2.75m na 2.80m).
• Kayden Thoressen - S/15 Paalspring (Verbeter rekord van 3.30m na 3.95m) en Driesprong (verbeter rekord van 12.53 na 12.93m)
• Lincoln Kunneke - S/15 Hamergooi, Diskusgooi en Gewigstoot
• JJ de Lange - S/17 Paalspring
Silwer medaljes
• Minke van der Merwe - D/15 Verspring
• Esri le Grange - D/17 Hamergooi
• Kylie Klaasen - D/17 Driesprong en Hoogspring
• Leolin Petersen - D/19 Verspring
• Luan Kleyngeld - S/14 Verspring
• Bjorn Visser - S/15 Hamergooi
• Dieter Voigt - S/15 300m Hekkies
• Zack Slabbert - S/15 Paalspring
Brons medaljes
• Juané Deysel - 90m Hekkies
• Kayden Thoressen - Hoogspring

 March 18, 2024
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...