"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

FRAMESBY-ORKESLEDE EINDIG PAASNAWEEK OP HOË NOOT

BY M ROODT

Drie Forte-lede het tydens die Paasnaweek aan 'n kursus wat deur die Oos-Kaapse Jeugblaasorkes
aangebied is, deelgeneem. Die orkes word uit leerders en studente vanoor die Oos-Kaap gekies. Vier leerders van Hoërskool Framesby is aanvanklik verlede jaar tot die Jeugorkes verkies en sou reeds in September 2020 aan die kursus deelgeneem het. Ongelukkig het die Corona-virus daardie plan in die wiele gery. Daar is toe besluit om vanjaar voort te gaan met die kursus, maar slegs drie van die leerders was die langnaweek beskikbaar. Casper Beukes (klarinet), Deidre Venter (trompet) en Natasha Labuschagne (tromboon) het Donderdagmiddag reeds met hul eerste oefensessie by Laerskool Summerwood begin. Hulle was elke dag van die langnaweek vanaf vroegoggend tot die aand besig. Elke dag is begin met oefeninge in seksies, waar hul deur baie bekwame tutors afgerig is. Daarna het oefeninge saam met die res van die orkes en dirigent,Grant Snyman,gevolg. Die hoogtepunt van die naweek was toe hul die kursus met 'n uurlange konsert afgesluit het. Die program was van hoogstaande gehalte en dit was moeilik om te glo dat die leerders en studente die musiek in slegs vier dae ingeoefen en afgerond het. Casper is ook aangewys as die orkeslid wat die meeste vordering tydens die kursus getoon het. Dit was vir elkeen van die drie leerders 'n onvergeetlike ervaring en hul is opgewonde om die kennis en ervaring wat hul opgedoen het met hul maats in Forte te deel.
V.l.n.r. Deidre Venter, Casper Beukes en Natasha Labuschagne

 April 09, 2021
Comments (0)
Kultuur
M ROODT

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...