"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

Framesby klop lugflouheid en Boland Landbou met 34-20

BY Fanie Marais

Dit was Hoërskool Framesby se 1ste rugbyspan se beste wedstryd van die jaar gewees ondanks die feit dat hulle 24 uur voor die wedstyd van Japan teruggekeer het waar hulle aan die SANIX wereldrugby toernooi vir skole deelgeneem het en vyfde ge-eindig het. Dit was ‘n klipharde wedstryd tussen die voorspelers en sprankelende agterspel deur die agterspelers. Framesby se voor en agterspelers het die bal saam gejag en hulle puik kombinasies het vrugte afgewerp. Kombinasies soos die skakelpaar Juandre Liebeberg en Andre Gerber en die losvoorspelers Christo Grobler (Kaptein) en Ruan du Preez en De Wet Rasmus. Grobler se Kapteinskap en uitstekende spel veral by die afbreekpunte was goud werd vir Framesby.Ruan Du Preez het die veld vol gespeel. Op losskakel was Juandre Liebenberg die geneaal gewees. Met uitstekende diens van sy skrumskakel kon hy die spel dikteer.  
Boland Landbou het self puik rugby gespeel. Hulle is een van die beste skolerugby spanne in die land en het al teen Affies gespeel. Hulle het aanhoudend teruggekom in die spel en net Framesby se goeie verdediging het hulle weggehou van Framesby se doellyn. Hulle losskakel Dean Reichert se lang skoppe was goud werd vir sy span en het ver veld vir hulle gewen. Die twee vleuels Jason Roux en Bertus Baard was altyd gevaarlik op die aanval. Die eindtelling was 34-20 in Framesby se guns en Framesby het onomwonde bewys dat hulle een van die top skole rugby spanne in die land is.

 May 16, 2018
Comments (0)
Rugby
Fanie Marais

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...