"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search

DRAMA-TOER

BY C Potgieter

FRUK-produksie ‘Costa del Packet’ het die afgelope week na Montagu getoer om deel te neem aan ‘n jaarlikse nasionale kunstefees. Buiten die optredes het die leerders saam met Mev. C. Potgieter en mnr. C Garbers, ’n spook-fietstoer deur die strate van Montagu aangepak en ‘n ding of twee geleer oor Montagu se geestesryke geskiedenis (en die moets en moenies van padfietsry saam met die spoke). Donderdag, 11 Augustus, het die produksie aan die kunstefees deelgeneem. Hulle het dit gate uit geniet, binne en buite die teater. Buiten die produksie was daar 4 individuele monoloë wat opgetree het en na ‘n lang dag in die teater het ’n laat aand van giggel, gesels en geraas maak, gevolg - behalwe vir die 4 arme matrieks wat hul L.O.-vraestel die volgende oggend moes skryf. Die Vrydagoggend nadat alle LO geskryf is, het almal in die bus geklim en na Viljoensdrif gereis vir ‘n bootrit op die Breederivier. Dit was beslis een van die hoogtepunte van die toer. Later daardie middag het die groep by BluVine middagete geniet met ‘n asemrowende uitsig op die berge van Montagu. Vrydagaand is die groep ingelig dat hulle deurgedring het na die finale rondte van die Udumo-Kompetisie in die Baai en hulle moes Saterdag om 18:00 die aand by die Operahuis optree. Hulle het ’n derde plek behaal en kan met trots sê dat hulle Framesby se naam hoog gehou het. Die toer was propvol avontuur, uitdagings en oomblikke wat die leerders vir altyd sal onthou.

 August 19, 2022
Comments (0)
Kultuur
C Potgieter

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...