"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
1
1
1
1
1
1
1
1
1
1

SKOOLHOOF

Mnr Germishuys

5

Oor die afgelope 25 jaar het Mnr. Germishuys in verskeie rolle by verskillende skole opgetree. Hy het 1994 by Hoërskool De Vos Malan as onderwyser begin en is in later jare bevorder tot departementshoof en adjunkhoof. Sy kwalifikasies sluit in : HOD (Handel) KT4, B.Tech (Handel) en VDO (Rekenaarstudie).
 
Mnr. Germishuys is met Annel getroud en het een dogter, Marné. Hy is ‘n gesinsmens en bring graag tyd, waar moontlik, met sy familie deur. Mnr. Germishuys glo dat die omgewing waarin leerders opgevoed word ‘n kardinale rol speel in hul ontwikkeling en dat hierdie omgewing dissipline, kennis en integriteit as hoekstene moet hê.

Kara behaal 2de plek in landswye Wiskunde-Kuns kompetisie

BY M Snetler

Ons is baie trots op Kara van Heerden (een van Framesby se top Gr12 Wiskunde leerlinge) wat verlede kwartaal ‘n tweede plek in ‘n landswye Wiskunde-Kuns kompetisie behaal het in die afdeling “Wiskunde in die natuur”.


Kara beskryf die betekenis van haar kunswerk, “The functions of a zebra”, kortliks so:
‘n Sebra se swart en wit strepe skep die idee van vasgevangenheid (asof in ‘n tronk). Dit beeld dus uit hoe jy voel as jy nie ‘n Wiskunde som verstaan nie. In die tekening raak die sebra se strepe al hoe ligter en rafel op die einde uit. Die betekenis daaragter is dat as jy na ‘n Wiskunde probleem kyk, dit ingewikkeld kan lyk, maar sodra jy dit begin uitwerk, begin die probleem “ontrafel”. Jy begin dan goed raaksien (soos ‘n sirkel wat te doen het met “pi”). Die vier bene wat ontrafel beteken dat daar nie altyd net een manier is om ‘n som uit te werk nie, maar verskeie ander opsies.


Veels geluk Kara, met hierdie uitmuntende prestasie!

read more...
 July 26, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Hoërskool framesby

Kalender

-
Son
Ma
Din
Woe
Don
Vry
Sat
01
02
03
04
05
06
07
08
09
10
11
12
13
14
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28

Gebeurtenisse

Title
click a title for more information
Event Date
FOV GIN PROEAAND!2019-04-05 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP NA 1STE SPAN WEDSTRYD2019-04-06 16:00 - 2023-00-00
FOV SOSIAAL2019-04-26 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP DIREK NA 1STE SPAN WEDSTRYD TEEN GRENS!2019-04-27 16:00 - 2023-00-00
FOV IS OOP! DIE BEPALING IS TEEN MARLOW!2019-05-24 18:00 - 2023-00-00
FOV OOP NA 1STE SPAN WEDSTRY TEEN MARLOW!2019-05-25 16:00 - 2020-00-00
FOV IS OOP! DIE VOLGENDE DAG IS DIT GREY PE!2019-07-12 18:00 - 2023-00-00
FOV IS OOP NA DIE 1STE SPAN WEDSTRYD TEEN GREY!2019-07-13 16:00 - 2020-00-00
FOV IS OOP! DIE BEPALING IS OUTENIQUA!2019-08-02 18:00 - 2023-00-00
FOV MAAK OOP DIREK NA DIE 1STE SPAN WEDSTRYD!2019-08-03 15:00 - 2020-00-00
Page: 1 of 22
Event Search


Advanced Search
SearchClear

sooispitseremonie vir astro hokkieveld!

BY M Snetler

Ná jare se praat en droom oor ‘n Astro vir Framesby, is dit bewaarheid. As alles volgens plan verloop, neem ons op 7 Desember 2019 die Astro in ontvangs en kan ons met groot afwagting op gelyke voet begin meeding.


Om die proses behoorlik af te skop, is daar op Maandag 29 Julie, ‘n paar sooie op die bestaande hokkieveld gespit. ‘n Hele paar eregaste het die geleentheid bygewoon en elkeen van hulle kon ‘n sooitjie spit. Gelukkig was die grond sag ná die lekker reën van die afgelope tyd!


Onder die eregaste was mnre. Johan Kritzinger en Jan Stroebel, twee van ons voormalige skoolhoofde. Baie dank is verskuldig aan almal wat oor die jare help bou het aan hierdie wonderlike skool en hulle kon met groot trots deel hê aan die volgende hoofstuk in ons geskiedenis. Die Departement van Onderwys is deur mnr. Gorgonzola, die Distriksdirekteur, sowel as mnr. Pierre Stofberg, ‘n Kringbestuurder verteenwoordig.


Mag hierdie projek net verder bydra tot die uitbou en groei van die Framesby-familie en ons almal hegter saambind. Dis opwindende tye wat voorlê en ons sien uit na ‘n blink hokkie-toekoms.

read more...
 August 05, 2019
Comments (0)
Hokkie
M Snetler

Kara behaal 2de plek in landswye Wiskunde-Kuns kompetisie

BY M Snetler

Ons is baie trots op Kara van Heerden (een van Framesby se top Gr12 Wiskunde leerlinge) wat verlede kwartaal ‘n tweede plek in ‘n landswye Wiskunde-Kuns kompetisie behaal het in die afdeling “Wiskunde in die natuur”.


Kara beskryf die betekenis van haar kunswerk, “The functions of a zebra”, kortliks so:
‘n Sebra se swart en wit strepe skep die idee van vasgevangenheid (asof in ‘n tronk). Dit beeld dus uit hoe jy voel as jy nie ‘n Wiskunde som verstaan nie. In die tekening raak die sebra se strepe al hoe ligter en rafel op die einde uit. Die betekenis daaragter is dat as jy na ‘n Wiskunde probleem kyk, dit ingewikkeld kan lyk, maar sodra jy dit begin uitwerk, begin die probleem “ontrafel”. Jy begin dan goed raaksien (soos ‘n sirkel wat te doen het met “pi”). Die vier bene wat ontrafel beteken dat daar nie altyd net een manier is om ‘n som uit te werk nie, maar verskeie ander opsies.


Veels geluk Kara, met hierdie uitmuntende prestasie!

read more...
 July 26, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

MISCHKA OP PAD DUITSLAND TOE

BY M Snetler

Mischka is gekies om Suid Afrika by die Junior Wêreld Baanfietsry Kampioenskappe te Frankfurt Duitsland te verteenwoordig. Die kompetisie is vanaf 14 tot 18 Augustus 2019 en sy gaan daar teen die wêreld se bestes in Scratch Race, Omnium en Points Race deelneem.


In Januarie het sy teen Afrika se beste baanryers meegeding. By dié kampioenskap stap sy weg met 3 goue medaljes, 1 silwer medalje en 2 brons medaljes. Dit het vir haar ‘n plek in die Protea Span gewaarborg. By die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe te Kaapstad het sy die medaljes
ingeryg: 4 goues, 2 silwer en 3 brons.


Ons deel jou opgewondenheid, Mischka!!

read more...
 July 23, 2019
Comments (0)
Fietsry
M Snetler

VINNIGE NAVRAAG

Voltooi en stuur

KONTAK INLIGTING

Fisiese Adres: 
Cornelialaan, Framesby
Port Elizabeth
6001
  
Posadres:
Posbus 28065
Sunridgepark, 6008
 
Kontak:
Tel: (041) 360 1257
Faks: (041) 360 7787
E-pos:
Algemene navrae - skoolhoof@framesby.co.za 
 
 
Facebook: Hoërskool Framesby

BELANGRIKE INLIGTING

Vinnige skakels

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Nutritech-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close