OP Verteenwoordigers
Vier van ons tennisspelers is in die OP spanne ingesluit wat gedurende die Maart vakansie aan die SA Skole kampioenskappe gaan deelneem.
Baie geluk aan Jurgens Viljoen en Wilanie van Zyl - OP 0/15. Anschen Bosch is ook as reserwe in die span ingesluit.
Christine Bosch is in die 0/17 span ingesluit en Marthinus Nienaber is as reserwe in die span ingesluit.
Sterkte!! Ons weet julle gaan Framesby se naam HOOG hou
KEY HEALTH
Janré Viljoen het onlangs die Grens Key Health Toernooi vir seuns o/14 in Oos-London gewen. Baie welkom by Framesby Janré, ons is trots op jou!!
TENNIS
INTERNASIONALE KAMPIOENE
Wilanie van Zyl het saam met 'n SA Tennispan op 20 Nov 2012 na Florida in die VSA vertrek waar hul aan reeks Internasionale toernooie deelgeneem het en het 2 van die toernooie gewen. Sy het eers die Casely Internasionale
Toernooi vir meisies U/14 in Bradenton gewen en daarna nog n Casely
Internasionale Toernooi vir meisies U/14 in Miami gewen.
Die strawwe kompetisie was nie genoeg vir haar nie en op Kersdag kom sy terug na Suid-Afrika om aan die grootste plaaslike reeks, die Kethealth reeks deel te neem.
Alhoewel Wilanie nog onder 14 is, neem sy in die onder 16 liga deel en wen sy beide die Grens en die OP bene van die reeks.
Voorwaar 'n uitstekende prestasie.
TENNISORGANISEERDER
TENNIS
Baie geluk aan Janre Viljoen wat as OP se no. 1 o/17 speler gekies is in die span wat aan ’n interprovinsiale toernooi teen SWD, WP en Boland gaan speel.
Hy het ook baie goed presteer gedurende die Desember-vakansie waar hy 7 de in die Grens toernooi en 5 de in die OP toernooi in die o/18 afdeling was. Al SA se top spelers het hier deelgeneem.
Wat sy prestasie merkwaardig maak is dat hy ook rugby en krieket speel en teen spelers kompeteer wat slegs tennis speel.
Trots op jou Janré!!
OP tennis
Baie geluk aan Carli van Onselen wat in die OP o/16 tennisspan ingesluit is, wat vanaf 04 Julie aan die inter-provisiale toernooi gaan deelneem.
Tennis
Janre Viljoen het die afgelope vakansie aan 3 toernooie in die ope afdeling deelgeneem en uitstekend gevaar.
Hy het beide die Cradock en Graaff Reinet mini's gewen en in die Brian Bands 2 toernooi het in beide die enkels en dubbels tweede geindig.
TENNIS
Janre Viljoen en Wilanie van Zyl het albei baie goed gedoen in die PE mini 3 toernooi wat die afgelope naweek gespeel is. Albei het in die ope afdeling in die finale gespeel waar Janre die finaal 7-6 6-1 teen Dylan Smith van Oos Londen gewen het, en Wilanie ongelukkig was om die finaal in 3 stelle te verloor.
TENNIS
Wilanie van Zyl en Jandre Viljoen is vir die OP Onder 17 Interprospan gekies wat middel Februarie teen WP, Boland en SWD op George speel.
Wilanie en Janre het ook aan die Border Keyhealth Tennistoernooi in Oos-Londen deelgeneem van 14-18 Januarie 2015 .Wilanie het in die Vroue Ope afdeling gespeel. Sy het Reze Opperman van Cradock in die finaal gewen ,6-3 en 6-3.
Wilanie en Opperman het ook die Vroue Dubbels gewen en Wilanie en Jandre Lessing van Uitenhage die gemengde Dubbels gewen het. Wilanie en Lessing het ook in die OP Keyhealth,10-14 Januarie die Ope gemeng gewen terwyl Wilanie en Opperman in die Vroue Dubbels in die finaal moes ontrek omdat Opperman beseer was.
Janre het in Oos Londen in die Seuns onder 16 gespeel en 4de geëindig. Janre het 2 skitterende oorwinnings in die toernooi behaal en sy 2 groot vyande van Despatch, Morne Lerm en Heinrich Willemse verslaan in skoonstelle.
OP Junior Tennis het twee spesiale toekennings aan Wilanie gemaak op hul jaarlikse AGM. Sy het n spesiale meriete toekenning gekry vir haar SA Skole prestasie en sy het n goue medalje ontvang omdat sy no 1 op die OP Vroue Ranglys vir 2014 geeindig het.
Janre het die naweek die eerste OP MINI toernooi van 2015 gewen. Hy het die semi –finaal 6-4 6-4 teen Dane Mechali van Grey gewen. Die finaal het hy 6-2 6-3 gewen teen Joshua Mostert van Outiniqua
Janre het ook tydens die OP jaarvergadering op Sat 24 Jan spesiale toekennings ontvang vir sy uitslae in die Mini Toernooi reeks van 2014 , sowel as vir sy deelname in die SA skolespan van 2014.
TENNIS
Dogters:
1 A teen Collegiate verloor 2 - 8
3 A teen Collegiate verloor 2 - 8
Seuns:
1 A teen Pearson wen 8 - 2
3 A teen Daniel Pienaar gelykop 4 - 4
2 A teen Daniel Pienaar wen 8 - 2
Daar het n paar kinders in die EP Mini Reeks 4 deelgeneem.
Die twee beste prestasies is deur Wilanie en Janre gelewer .Janre het in die semi finaal vir Mans Ope verloor teen Janre Lessings van Brandwag 6-3 en 6-2 terwyl Wilanie die Vroue Ope gisteraand onder ligte by Westview gewen het. Sy het eers vir Reze Opperman van Cradock in n harde wedstryd met 6-4 en 6-4 gewen en daarna vir A Garish van Collegiate met 6-0 en 6-0 gewen.
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"