"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

Mechanical Engineering

Mechanical Engineering



Legominoslogo2

Framesby is trots op LEGOMINOS

Rekenaar-fundi’s maak groot naam!!

1472052418929366642627085699672860784440529n

Die meeste jongmense is deesdae uiters bedrewe wanneer dit kom by rekenaarspeletjies, en sommige is selfs ongelooflik daarmee, maar ‘n baie spesiale groep leerders het onlangs hul rekenaarvaardighede briljant toegepas en weggestap met die louere in die 2016 FLL Animal Allies Challenge.

In hierdie kompetisie word die programmeringsvaardighede, en die kreatiewe toepassing daarvan,deeglik getoets. Daarmee saam word die kreatiewe ontwerpersvermoë van die spanne ook onder die vergrootglas geplaas. Hierdie leerders is almal deel van ons Rekenaarklub, en onder die bekwame leiding ons IT-onderwyser van mnr. Gerhard Steyn, het hulle die afgelope tyd baie hard gewerk aan die ontwerp van ‘n robot, asook die ontwikkeling van ‘n program om die robot bepaalde opdragte te laat uitvoer. In kort kom dit daarop neer dat die robot, wat op wiele beweeg, op ‘n voorgeskewe baan moet beweeg en in die proses ‘n hele reeks komplekse opdragte moet uitvoer. Die hele proses moet vooraf geprogrammeer word en gelaai word. Sodra die robot op sy “quest” vertrek het, word punte toegeken, of afgetrek, afhangend hoe goed of sleg die opdragte uitgevoer word. Die kompetisie is egter nie net beperk tot die robot se manewales nie. Die ontwerp van die robot word beoordeel, asook die span se werk aan die projek in sy geheel. ‘n Verdere aspek wat baie streng beoordeel word, is in watter mate sekere kernwaardes (core values) deur die span gehandhaaf en toegepas word.
Vir die oningeligte leek mag dit lyk na speletjies, maar die realiteit is dat daar ure en ure se werk in hierdie projek ingesit is. Daar moet onthou word dat elke beweging of aksie van die robot in ‘n program ingeskryf moet word, en in die hele proses is daar letterlik honderde moontlik aksies waarvoor voorsiening gemaak moet word, en dis nie ‘n “remote control”-karretjie nie! Daar is tot hidroliese aksies ingebou waar die hele robot homself van die grond af lig!
Ons span, die Legominos, het in die ontwerp-afdeling die tweede plek behaal, en in die robotspeletjie-afdeling die ander spanne uitgestof. Hiermee is hulle dan uiteindelik as die algemene wenner aangewys. Met hierdie oorwinning het hulle deurgedring na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Desember in Johannesburg gehou word. Wat ‘n pragtige prestasie. Framesby is BAIE trots op julle!

Team

Kom kyk na die rekenaarklub

Dinsdae en Donderdae na skool

Kom kyk na die rekenaarklub

Dinsdae en Donderdae na skool

Framesby by die FLL 2015 Trash Trek provinsiale kompetisie.

Framesby se Rekenaar klub kry 370 punte by die FLL Robot Games, waar spanne van reg oor die Port Elizabeth streek deel geneem het. Die Framesby span het twede plek in die "Robot Game" gekry.

FIRST Lego League 2014 Ooskaap

Net vir die lekker daarvan neem JP Kleinhans en Mr. Steyn deel as gaste, onder die naam FROG.

147126515955398573357254466129403134783130n
1040357115955459506684492777833689046070626n

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...