landloop-liga
FRAMESBY- LANDLOPERS STOOMROLLER VOORT
FRAMESBY- LANDLOPERS STOOMROLLER VOORT
Ons tweede liga het by Framesby plaasgevind waar die Framesby-vaandel hoog gebrand het.Ons wen 5 van die moontlike 6 ouderdomsgroepe,nl. So/15, so/17, do/15, do/17, do/19.
Boonop behaal Framesby 8 eerste plekke uit die moontlike 10 eerste plekke.
Die volgende atlete het uitstekend gevaar:
Do/14: Kay-Leigh van Tonder – 2de
Amy Zeelie- 3de
Do/15: Kelly Schmidt- 1ste- sy behaal die 2de vinnigste tyd van alle dogters
Kari Nel-2de
Do/16: Lara de BLoe- 1 ste- behaal die vinnigste tyd van alle dogters
Lize-Me Otto- 3de
Do/17: Marne Olivier – 1ste
Do/19: Chane Petzer- 1ste
Shene Delport- 2de
So/14: Wehan Smith- 1ste
So/15: De-Leon Strydom- 2de
Jurgens Borman-3de
So/16: Bjorn Ferreira -1 ste
Joshua Wellman- 2de
So/17: Janno Agenbag- 1ste
BAIE GELUK AAN ALMAL WAT DEELGENEEM HET!
LANDLOOP UITSLAE
FRAMESBY VAT VLAM IN JAARLIKSE AFLOS
Altesaam 38 spanne het op 03 Mei aan die jaarlikse Build It Framesby- aflos deelgeneem. Daar is 4 atlete in 'n span en elke spanlid hardloop 2km oor dieselfde roete. Daar is 3 afdelings; seuns, dogters en 'n gemengde afdeling. Framesby het skoonskip gemaak deur die dogter- en seun en gemengde afdeling te buit.
ANDER UITSLAE:
EERSTE 3 SPANNE:
SEUNS:
- FRAMESBY A 24:30
- GREY A 24:40
- BRANDWAG A 26:04
DOGTERS:
- FRAMESBY A 29:37
- COLLEGIATE A 32:25
- FRAMESBY B 33:32
GEMENGDE:
- FRAMESBY A
- PEARSON A
- BRANDWAG A
BESTE INDIVIDUELE TYE
SEUNS
1. DYLAN FINLAY GREY 5;49
2. BJORN FERREIRA FRAMESBY 5;49
3. AIDEN DUGMORE GREY 5;59
4. JANNO AGENBAG FRAMESBY 6;08
5. JOSHUA WELMAN FRAMESBY 6;09
6. GAREN ERASMUS BRANDWAG 6;12
BESTE TYE: DOGTERS
1. AMBER RAYNERS BRANDWAG 2
2. LARA DE BLOE FRAMESBY 7;09
3. KAILIN DUGMORE COLLEGIATE 7;09
4. VICKY OELOFSE FRAMESBY 7;13
5. KIRSTEN MANTHE PEARSON 7;14
6. LISA VENTER PEARSON 7;19
7. CHANE PETZER FRAMESBY 7;25
landloop wenspanne
JAARLIKSE BUILD IT AFLOS
tweekamp
TWEEKAMP
Die jaarlikse interprovinsiale tweekampbyeenkoms het Saterdag in Oudtshoorn plaasgevind. Die kompetisie is so sterk dat die byeenkoms as 'n mini-SA's beskou word. Atlete van SWD, OP, WP, BOLAND, VRYSTAAT, NOORD-Kaap en Grens neem deel aan die byeenkoms.
Lara de Bloe- behaal n derde plek in die do/15-afdeling. Om die standaard van die byeenkoms te beklemtoon - die eerste atleet in die do/15- afdeling het 'n nuwe SA-rekord opgestel. Die temperatuur in Oudtshoorn was 44 grade!
Bridget Hart- het n 4de plek in do/19-afdeling behaal- 'n paar punte weg van 'n brons medalje
landloop
SA LANDLOOPBYEENKOMS
6 Framesby-atlete het aan die SA Landloopbyeenkoms in George deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk en sowat 200 atlete het per ouderdomsgroep deelgeneem. Die 2 atlete wat die beste gevaar het, was: Lara de Bloe (do/15: 4km) was 12de met 'n tyd van 14:50 en Bjorn Ferreira(so/15: 4km) was 11de met 'n tyd van 12:50. baie geluk aaan die atlete.
V.L.N.R. Charné Petzer, Bjorn Ferreira en Lara de Bloe
tweekamp
PROVINSIALE VERTEENWOORDIGING
Die volgende tweekamp-atlete is in die Op-span opgeneem wat die 22 ste Oktober aan 'n interprovinsiale byeenkoms in PE sal deelneem.
A-SPAN:
- Lara de Bloe
- Karla Scheffer
- Melissa Hamilton
- Chane Petzer
- Joshua Gouws
B-SPAN:
- Vicky Oelofse
- Nicole Hamilton
C-span
- Tiaan Erskine
- Mnr. Helmut Terblans
tweekamp
FRAMESBY ATLETE PRESTEER WEER!!
Ten spyte van storm-winde het die derde tweekampliga by die Oval en Newtonpark-swembad plaasgevind en kan ons met trots sê dat 14 van ons atlete in die OP-span opgeneem is.
Ons wens hulle alle sterkte toe vir die interprovinsiale byeenkoms wat op 24 Oktober in Port Elizabeth gaan plaasvind. Baie sterkte aan die volgende atlete!!
1. Vicky Oelofse
2. Nicole Hamilton
3. Gerrida Stadler
4. Chane Petzer
5. Amore Terblanche
6. Bridget Hart
7. Chanel Kelsey
8. Ian Gerber
9. Janno Gerber
10. Joshua Gouws
11. Brendan Welsh
12. Deandre van der Merwe
13. Jacobus Stadler
14. Lara de Bloe
TWEEKAMP
Die OP-proewe het die afgelope naweek by die Oval en Herbert Hurd plaasgevind. Framesby het uitstekend gevaar en 15 atlete is opgeneem in die OP-spanne wat aan 'n Interprovinsiale byeenkoms gaan deelneem in Port Elizabeth op 25 Oktober. Hulle is:
A-span:
Vicky Oelofse
Shani Smit
Bridget Hart
Stefanie Olivier
Arno Swart
Dané Cronjé
B-span:
Amoré Terblanché
Amorette Matthee
Anel Gerber
Jurgens Viljoen
C-span:
Sonika Nel
Janno Agenbag
Brendan Welsh
Cobus Stadler
JP Greyling
tweekamp
OP-VERTEENWOORDIGERS
Die tweede liga het by die Wesbourne Oval en Newtonparkswembad plaasgevind. Framsby het uitstekend gevaar: Lara de Bloe (do/15) en Ian Gerber (so/17) het eerste plekke behaal; Brendan Welsh (so/17)en Bridget Hart (do/19) n tweede plek en Deandre van der Merwe(so/17), Chane Petzer (do/17) en Chanel kelsey (do/19) 'n derde plek. Ons het, met ander woorde, in die so/17-afdeling die eerste 3 plekke uit 22 deelnemers verower. Ons het veral in die hardloopgedeelte geskitter.
Die volgende 12 leerlinge is in 'n OP-span opgeneem wat op die 3de Oktober aan 'n interprovinsiale byeenkoms in Bloemfontein sal deelneem: Baie geluk aan dié atlete.
A-SPAN:
IAN GERBER
BRENDAN WELSH
DEANDRE VAN DER MERWE
LARA DE BLOE
CHANE PETZER
BRIDGET HART
B-SPAN:
VICKY OELOFSE
AMORE TERBLANCHE
CHANEL KELSEY
C-SPAN:
COBUS STADLER
GERRIDA STADLER
SONIKA NEL
Landloop in framesby land
Ons toer na Knysna
Gedurende die Julie - vakansie het Framesby se landloop atlete ’n toer na Knysna onderneem. Ons het daar aan ’n landloopbyeenkoms, ’n aflos, ’n pretdraf en ’n straatmyl deelgeneem. Ons het strawwe kompetisie ervaar, maar tog het die volgende atlete uitgeblink: Kayla Nel, Angelique Koen, Nina Olivier, Zandri Ras, Carla Petzer, Amanda Janse van Rensburg, Tiaan Olivier en Chante Botha. Daar was darm nie net gehardloop nie, ons het ook konsert gehou en die George Mall en ’n arbeiplaas besoek. 29 atlete het ’n fantastiese, uitputtende toer beleef!!!
TWEEKAMP
OP VERTEENWOORDIGERS
Baie geluk aan die volgende atlete wat in die OP span ingesluit is. Hulle sal op 22 Maart 2013 aan die SA Kampioenskappe in Oudtshoorn deelneem:
Shani Smit, Amy Matthee, Tiaan Olivier, Stefanie Olivier, Armin Schwartz, Arno Swart, Zandri Ras, Anel Gerber, Dané Cronjé, Carel Brink, Mieke Scholtz en Ian Gerber.
Landloop Organiseerder
Mev. M Cronje
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"