HOKKIE
OP VERTEENWOORDIGER
Baie geluk aan Adriaan Brink wat vir die tweede jaar in 'n ry in die OP Binnenshuise-span ingesluit is. Hulle is baie hard aan die oefen en neem van 14-18 Desember aan die Nationale Kampioenskappe in Durban deel waar hulle ook die voorreg sal hê om die internasionale indoor hokkiewedstryde tussen SA, Australia, USA en Namibia by te woon.
DOGTERSHOKKIE
Die eerste dogtershokkiespan het die amptelike seisoen afgeskop met 'n goeie vertoning tydens Union High in Graaff-Reinet se hokkiefees aan die begin van April.
Framesby het in die eerste wedstryd oortuigend met Port Alfred afgereken en 6 doele teenoor 0 behaal. Lene het 3 doele aangeteken, Bianca Odendaal 2 en Bianca Pretorius 1.
In die tweede wedstryd teen Victoria Girls van Oos-Londen het die meisies hulle man gestaan en goed onder druk gespeel, maar kon ons net nie die wa deur die drif trek om te wen nie. Ons verloor 3 - 4 en Lene, Lisa en Nina teken elkeen 'n doel aan.
Dit was 'n naelbytstryd teen Volkskool. Albei spanne het harde hokkie gespeel en goed verdedig en sekondes voor die halftyd fluitjie blaas teken Lisa 'n doel aan. Ook Volkskool teken 'n doel aan in die tweede helfte en speel ons gelykop 1 - 1.
Die vierde wedstryd teen een van die tuisspanne, The Union High Invitation Team, was beslis 'n hoogtepunt. Ons meisies wys karakter en toon goeie spanwerk en wen oortuigend met 3 - 0. Keitlin, Bianca Odendaal en Lisa teken elkeen 'n doel aan. Dit blyk ook dat die feesgangers weer van Framesby kennis neem na hierdie wedstryd!
En in die laaste wedstryd teen Cambridge van Oos-Londen het ons die onderspit gedelf teen hierdie sterk span met 0 - 1.
Hierdie resultate behoort 'n voorsmakie te gee wat daar te wagte kan wees van hierdie span in 2015 onder nuwe leiding van mnr Pierre Smit en sy mede-afrgiter, me. Sasha McKay. Wel gedaan meisies!
Hoërskool Framesby: "Waar potensiaal verwesenlik word"