"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

Groot eer vir framesby

BY W Rauch

Die voorgenome toer van ons O/18-rugbygroep na Japan in April en Mei het onlangs ‘n ongelooflike wending geneem toe die span genooi is om hul verblyf in Japan met 3 dae te verleng, en om ‘n wedstryd teen ‘n plaaslike “All Star High School Team” te speel op die Shizuoka-stadion. Hierdie stadion word volgende jaar vir ‘n hele paar Wêreldbeker-wedstryde gebruik. Die Springbokke speel onder andere daar teen Italië. By hierdie geleentheid word ‘n “aftelbord”, wat die dae tot die aanvang van die Wêreldbeker-toernooi aftel, onthul sal word. Die organiseerders dra alle koste vir hierdie ekstra drie dae.


Ironies genoeg kon geen aankondiging gemaak word voordat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie nie goedkeuring daaraan verleen nie, en vroeg in die afgelope week is die groen lig ontvang, en kon die reisplanne aangepas word. Alles is nou gereël en die toergroep gaan 3 dae deurbring in die skadu van Mount Fuji, sowat 150km suidwes van Tokyo, in die Shizuoka-prefektuur.
Uiteraard plaas dit baie groot druk op die groep. Hulle vertrek op 25 April en speel vanaf 28 April tot 5 Mei ses wedstryde in die uiters kompeterende, en fisies uitmergelende Sanix-toernooi. Daarna reis hulle na Shizuoka en speel op 8 Mei hul wedstryd daar. Daarna is hulle op 10 Mei terug in Suid-Afrika, net om op 12 Mei tuis in aksie te wees teen Boland Landbou! Alhoewel dit baie groot eise aan die groep gaan stel, is dit net ‘n té goeie geleentheid om te mis. Hierdie uitnodiging is ‘n baie groot eer vir Framesby, en is beslis ‘n aanduiding dat die Framesby-span in 2017 genoeg indruk gemaak het om na hierdie besondere geleentheid genooi te word!

 March 09, 2018
Comments (0)
Rugby
W Rauch

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...