"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257

TUISWERK

Tuiswerkopdragte word daagliks vir elke vak gegee. Dit is belangrik dat leerlinge daarop let dat tuiswerk nie slegs skriftelike werk insluit nie, maar ook gereelde studie. Sodoende bly leerlinge daagliks op hoogte van hulle werk - ’n voorvereiste vir sukses tydens eksamens.
 
Dit is verpligtend dat leerlinge aan die begin van die jaar die Framesby Jaar-beplanner aankoop waarin tuiswerk gereeld aangeteken word. Hierdie dagboekie bevat ook die volledige jaarprogram asook ander belangrike inligting en word teen ’n baie billike prys deur die skool voorsien.
 
Ouers word dringend versoek om ons by te staan deur gereeld toe te sien dat voldoende tyd aan tuiswerk bestee word.
 
Die volgende tye dien as riglyne:
 
Graad 8 en 9:   Daagliks minstens 2½ uur (ongeveer 25 minute per vak).
Graad 10 tot 12:   Daagliks minstens 3½ uur (ongeveer 35 minute per vak).

matrieks 2017

UITSLAE

Hier is finale ontleding van matrieks:

 

- Topleerder Leah Nell - 89,7%

- 14 gemiddelde 80% (ou A’s)

- 5 leerders met al 7 vakke 80%+

- Net Framesby en Collegiate het 100% slaagsyfer in die PE distrik

 

Leerders met 80%+ gemiddeld is in volgorde:

  - Leah Nell
  - Ludevin Parkinson
  - Keithlin Mitchell
  - Sanri Marx
  - Caroline Janse van Rensburg
  - Charl van Greunen
  - Wiandré Pieters
  - Liza-Marli Swanepoel
  - Marico Bence
  - Adriaan Brink
  - Tiaan Coetzee
  - Lené-Maré Siebert
  - Ansunel van Rooyen
  - Shannon Jackson


- 11 van die 17 vakke wat aangebied word spog met 60%+ gemiddeld

- IT het die hoogste gemiddelde uitslag van 70,9% EN spog met 7 leerders met 80%+ wat 38,9% van die vak uitmaak

- Fisiese wetenskap spog met 20 leerders met 80%+ wat 32,2% van die FW-vak uitmaak

- 74% van matrieks kan vir B-graad gaan studeer

- 180 vakonderskeidings

 

Ons wens ons matrikulante alle sterkte toe met hulle toekoms. 

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...