"WAAR POTENSIAAL VERWESENLIK WORD!"
  041 360 1257
Month:
Author:
Category:
  Search
Back

ZANJE KATROL DIE GROOTTES IN!

BY M Snetler

Zanje Hurter is vir die O/16 OP Rots- en Strand Hengelspan gekies. Hulle het in Januarie in Oos-London aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Zanje is na drie jaar in die OP-span tweede op die ranglys. Sy is ook die enigste meisie wat in die span is en hengel dus teen seuns. Tydens die Nasionale Kampioenskappe het sy ‘n 17de plek in die land behaal.


Gedurende Maart is die Nasionale Kampioenskappe in die Oostelike Provinsie gehou. Zanje is deur die Westelike Provinsie gekies om aan die senior-vroue-afdeling deel te neem. Nie net was sy die jongste deelnemer nie, maar ook die enigste junior wat op senior vlak deelgeneem het. Tydens die kompetisie behaal sy ’n algehele 15de plek.


In die jaar se interprovinsiale klub kompetisies het sy twee eerste plekke in die junior afdeling behaal asook ‘n tweede en eerste plek in die senior-vroue-afdeling. Sy eindig die seisoen met ‘n algehele vierde plek vir die senior vroue en ‘n algehele derde plek vir die 0/16 juniors. Baie geluk Zanje!!

 July 23, 2019
Comments (0)
Algemeen
M Snetler

Leave a comment

Hou my op datum?
U boodskap sal eers na goedkeuring vertoon.

Hoërskool Framesby:  "Waar potensiaal verwesenlik word"

Nec-eastcapesmall
Klinicare-logo
Vox-green-logo-vector-1
Puma-logo-f9e13b654c-seeklogocom
Sunridge-superspar

OK / Close
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...